Twee sterf op B1
Tanja Bause
Twee mense is Maandagnag op die hoofpad tussen Okahandja en Otjiwarongo in 'n motorongeluk dood.
Die ongeluk het omstreeks 00:36, sowat 70 kilometer buite Okahandja op die B1-verbypad gebeur. Die bestuurder van 'n minibus het beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het.
Die 36-jarige bestuurder is ernstig beseer, terwyl 25 ander passasiers ligte tot ernstige beserings opgedoen het.
Een van die oorledenes is geïdentifiseer as mnr. Carlo Abraham (30). “'n Vrou het ook in die ongeluk gesterf, maar haar naasbestaandes is nog nie in kennis gestel nie,” het die woordvoerder van die Namibiese polisie vir die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbea, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie