Twee roeiers by
Watersport
Andrew Poolman - Twee Namibiese roeiers verteenwoordig Namibië môre in die geskiedkundige eerste Afrika Strandspele wat in Kaap Verde aangebied word.
“Ons item bekend as 'beach sprint rowing' is 'n redelike nuwe byvoeging tot die roeisport,” vertel Timmo Schommarz (25), wat saam met Samantha-Lee Gibbons (20) die Namibiese verteenwoordigers is.
Die item strek oor dieselfde afstand vir mans en vroue. Die deelnemers begin op die strand en sodra die wegspringskoot klap, hardloop hulle 'n paar treë en spring in hul roeibote. 'n Opgestelde slalom-roete van nagenoeg 250 meter die oseaan in word gevolg en ná die draaipunt is dit soms 'n reguit jaagtog terug na die beginpunt, afhangend van die spesieke byeenkoms se reëls.
Schommarz en Gibbons sal ook saam in die gemengde aflositem meeding.
Gibbons, wat in Wallis studeer, het op Swakopmund grootgeword en het by Namib High School skoolgegaan. Sy kom uit 'n bekende familie in gimnastiekkringe en het self ook in dié sport uitgeblink.
Schommarz, 'n produk van Windhoek Gimnasium, het Namibië se o.21-span in 2012 en 2014 by die kanopolo-wêreldbyeenkomste verteenwoordig.
As student by die Universiteit van Stellenbosch het hy op uitnodiging van 'n vriend aan roeisport begin deelneem. In die buurland se hoogs kompeterende omgewing van dié Olimpiese watersport het hy ook in 'n paar groot byeenkomste meegeding.
“Hierdie kort, vinnige afstand (by die Afrika Strandspele) is vir my 'n nuwe uitdaging, want tot nou toe het ek maar altyd die langer afstande verkies,” erken hy.
Schommarz en Gibbons, vergesel deur afrigter Christian Shivute, het voor hul vertrek na die eilandstaat ook 'n oefenkamp op die Malawi-meer bygewoon om hulle op die komende uitdaging voor te berei.
Die Afrika Strandspele word uit elf sportkodes saamgestel en verwelkom bykans eenduisend atlete van 54 lande. Die 2019 Wêreldstrandspele is die volgende groot attraksie vir deelnemers en is vir Oktober in San Diego, Kalifornië geskeduleer.
BASKETBAL
Die Namibiese Basketbalfederasie (NBF) stuur ook met bystand van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) sy nasionale drie-aan-'n-kant vrouespan na die Afrika Strandspele.
Die basketbalspan vertrek komende Sondag na Kaap Verde.
Volgens 'n NBF-nuusverklaring is proewe in Meimaand gebruik om die plaaslike talent uit te sif en die vrouespan te kies wat hul nasionale kleure vir die toer ontvang het.
Die NBF se sekretaris-generaal, Ramah Mumba, sê dit is die eerste keer dat Namibiese basketbal op hierdie forum erkenning kry en dat hy baie trots op die vroue is.
Die vier gekose spelers is Sylvia Sawahenga, Gie Mukumbuta, Victoria Netumbo en Sarah Severus en word deur Malakia Matias (NBF ontwikkelingsbeampte) as chaperone vergesel.
Namens die spelers het Victoria Netumbo gesê: “Ons sal ons nasionale kleure met trots dra en ons waardeer almal se ondersteuning sover. Ons sal ons heel beste gee om almal trots te maak.”
• Die marathonhardloper Lavinia Haitope, die karateka Suzelle Pronk asook die strandvlugbalspelers Kim Seebach en Julia Laggner is van die ander bekende Namibiese sportlui wat by die Spele in Kaap Verde in aksie sal wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie