Twee repatriasievlugte na Afrika, Europa

Gestrande studente kla oor kaartjiepryse

22 May 2020 | Vervoer
Ronelle Rademeyer – Air Namibia vlieg komende Woensdag met ’n Airbus A330-200 na Frankfurt en van daar na Londen om buitelanders wat hulle nog in die land bevind, te repatrieer en Namibiërs terug te bring huis toe.

Dit is benewens ’n vlug wat vandag (Vrydag) na vier bestemmings in Afrika onderneem word om Namibiërs huis toe te bring.

Dié inter-Afrika-vlug sal Luanda (Angola), Kinshasa (DRK), Dar-es-Salaam (Tanzanië) en Addis Abeba (Ethiopië) aandoen, sê mnr. Ebson Ngondo, verkoopsbestuurder by Air Namibia.

Hy het by navraag gesê nagenoeg 200 mense het reeds laat blyk dat hulle na Europa wil gaan. “Die meeste is Europeërs, maar daar is ook Amerikaners, Kanadese, Australiërs en Indiërs.”

Die Namibiërs wat by die vier Afrika-bestemmings gehaal word, is grotendeels mense wat van elders in die wêreld aansluitingsvlugte daarheen onderneem het, sê Ngondo.

Die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbu Nandi-Ndaitwah, het sowat ’n maand gelede tydens ’n Covid-19-inligtingsessie in Windhoek gesê opnames deur Namibiese sendings in die buiteland het getoon 15 000 Namibiërs is vanweë inperkingsmaatreëls in ander lande gestrand.

Ngondo sê belangstellendes het nog tot vandag (Vrydag 22 Mei) tyd om plek op die vlug na en vanaf Europa te bespreek.

Air Namibia het die afgelope weke repatriasievlugte na Suid-Afrika onderneem, maar hierdie is die eerste een na Europa.

Lufthansa het egter kort nadat die staat van inperking in Namibië einde Maart in werking getree het, verskeie spesiale vlugte uit Duitsland na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe onderneem met die doel om buitelanders wat hier gestrand was, te repatrieer.

Volgens Ngondo sal dit N$23 200 kos om na Frankfurt te vlieg en N$23 870 na Londen. Van Frankfurt af Windhoek toe, kos die vlug 1 160 euro (N$23 374) en van Londen af 1 067 pond (N$24 072).

’n Namibiese student het Woensdag in ’n teksboodskap aan Republikein gesê: “Ons as Namibiese studente in Europa is nie gelukkig met die kaartjiepryse van die nasionale redery in hierdie huidige situasie nie.”

Ngondo verduidelik die prys is gegrond op ’n styging in die betrokke wisselkoerse van nagenoeg 35%, asook die bykomende koste daarvan om die vliegtuig ingevolge die internasionale Covid-19-regulasies te ontsmet.

Verder, sê hy, kos huurvlugte meer as geskeduleerde kommersiële vlugte aangesien geen subsidiëring plaasvind nie.

Mense wat belangstel om plek op die vlug te bespreek, moet ’n e-pos stuur na die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking by [email protected] mirco.gov.na om klaring te kry.

Hulle moet hul volle naam en van verskaf, asook hul nasionaliteit en paspoortnommer, die adres waar hul tans woonagtig is, e-posadres en selfoonnommer, asook hul permanente adres in Namibië (in die geval van Namibiërs in die buiteland).

- [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

20 minute gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...