Twee nuwe toerismeliggame
Die ministerie van die omgewing en toerisme wil Namibië as 'n mededingende toeristebestemming vestig.
Die ministerie van die omgewing en toerisme het op 15 Mei 'n Nasionale Adviesraad vir Toerismemededinging (NTCAC) en 'n Interministeriële Komitee oor Toerismeontwikkeling (ICTD) bekend gestel.
Die NTCAC bestaan uit 32 lede wat uit verskeie regerings- en nieregeringsorganisasies bestaan. Dit sal dien as 'n dinkskrum en sal die regering oor toerismesake en beleggingsaangeleenthede adviseer. Die raad sal ook die ministerie adviseer oor uitdagings betreffende die groei en ontwikkeling van die toerismebedryf.
NTCAC-lede is gekies uit instellings soos Namibia Wildlife Resorts (NWR), die Namibië Opleidingsowerheid (NTA), die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Toergidsvereniging van Namibië.
Die ICTD bestaan uit 34 lede van 18 ministeries en twee regeringsorganisasies en sal as tussenganger tussen die openbare sektor, ministeries en verskeie organisasies optree om verskillende regeringsbeleide oor toerisme meer vaartbelyn te maak.
ICTD-lede is uit die ministeries van binnelandse sake en immigrasie, inligting en kommunikasietegnologie, arbeid en nywerheidsverhoudinge, en werkskepping gekies, asook die Nasionale Beplanningskommissie.
Alle lede sal 'n termyn van twee jaar dien.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gesê Namibië het beperkte hulpbronne wat spaarsamig gebruik moet word, maar wat goeie maatskaplike en ekonomiese opbrengste op beleggings lewer.
“Ons wil seker wees dat ons ons geld goed bestee,” het hy gesê.
Shifeta het verduidelik dat die ICTD veral faktore wat die groei van toerisme belemmer, gaan takel, terwyl die NTCAC verantwoordelik gaan wees daarvoor om Namibië in 'n mededingende bestemming te verander wat toeriste en beleggings lok.
Die Nasionale Volhoubare Groei- en Ontwikkelingstrategie en die Nasionale Toerismebeleggingsprofiel en Bevorderingstrategie is ook tydens dié geleentheid bekend gestel.
Hierdie strategieë sal hindernisse en die strategiese herposisionering van die Namibiese toerismebedryf as 'n sleutel- nasionale, ekonomiese en ontwikkelingsektor takel. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie