Twee Namibiërs vaar stewig in Sahara-resies
Ultrawedlope
Tielman van Lill
Die enigste twee Namibiërs wat tans aan die 2017 Sahara uithouresies van 250 kilometer oor sewe dae en ses skofte in die Namibwoestyn en Skedelkuspark deelneem, bevind hulle tans onder die eerste 23 atlete.
Die 35-jarige gewese nasionale krieketspeler, Tobie Verwey van Swakopmund, was ná Woensdag asook gister se skof nommer vier van 81 km nog in die 13de plek met 'n totale tyd van 30 ure 4 minute en 30 sekondes.
Hannes Smit (44 jaar) van Keetmanshoop bevind hom in die 23ste posisie met 'n algehele tyd van 33:27:45.
Die moordende marathon wat in ses skofte opgedeel is, het op 30 April noord van Swakopmund sy gang gekry en word môre naby Torrabaai klaar gemaak. Die afstande van die daaglikse skofte is 37.8 km; 39.5 km; 43 km (Skedelkus); 81 km (Die Lang Mars); 40 km en ter afsluiting 7 km.
Hoewel skof vier oor twee dae gedraf is, kry die deelnemers geen rusdae nie. Die enigste dag wat 'n effense blaaskans aan die atlete se moë bene, seer spiere en voete bied, is môre se kort 7 km.
Die hoogs ervare 35-jarige Mo Foustok van Saoedi-Arabië is die voorloper met 'n totale tyd van 20 ure 18 minute 30 sekondes. Die kanse is goed dat Foustok sal wen. Sy naaste opponent is Jovica Spajic (30 jaar) van Serwië (23:14:33) wat bykans drie ure later in die tweede posisie is.
Die eerste vrou is die 29-jarige Kirsten Althoff van Duitsland (28:03:52) wat algeheel in die agtste posisie verkeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie