Twee minderjariges glo verkrag

Vrou brand kêrel se huis glo af

14 January 2020 | Misdaad
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is twee minderjariges glo die naweek verkrag.

’n Man het glo Sondag omstreeks 21:45 ’n vyfjarige meisie op die plaas Stinkwater in die Dordabis-omgewing verkrag.

Die verdagte (22) en die kind se ma het na wat verneem word in die ma se kamer gekuier.

Die ma het die kamer verlaat en die verdagte alleen by die meisie gelos.

Sy het haar dogter glo hoor huil en met haar terugkeer gesien sy bloei.

Die verdagte is in hegtenis geneem en was glo ook in die besit van twee ballies dagga ter waarde van N$20.

’n Man (39) is Saterdag deur die polisie op Tsumkwe in hegtenis geneem nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n kind (2) verkrag het.

Hy het die meisie na bewering in haar ouers se huis verkrag. Beide die slagoffer en die verdagte is in die Mangetti-kliniek opgeneem.

Twee mans het Vrydag tussen 05:00 en 06:00 glo ’n vrou (26) verkrag.

Die voorval het in die B8- informele nedersetting op Karasburg plaasgevind.

Die vrou het na wat verneem word na haar kêrel se huis gegaan ná sy saam met haar suster by ’n plaaslike kroeg gekuier het.

Sy het by haar kêrel aan die slaap geraak en wakker geword toe die man (32) glo besig was om haar te verkrag, terwyl sy vriend na wat verneem word haar arms vasgehou het.

Die kêrel en die vriend het haar glo om die beurt verkrag.

Beide mans is in hegtenis geneem.

Geslagsgeweld

Sondag het mnr. Frans Afrikaner (33) sy meisie na bewering met ’n byl aangeval. Die voorval het glo omstreeks 01:00 by Sakkiesdorp op Leonardville plaasgevind.

Afrikaner het me. Tusnelde Garunas (31) glo ná ’n stryery herhaaldelik oor die kop geslaan. Sy is in ’n kliniek opgeneem waar sy aan haar beserings beswyk het.

Die verdagte het ná die aanval op die vlug geslaan en is om 04:00 dieselfde dag gevind.

Hy het homself aan ’n boom gehang.

Die polisie het glo ’n selfdoodnota, wat al op 5 Januarie geskryf is, tussen sy besittings gevind.

’n Vrou (24) het Saterdag tussen 03:00 en 04:00 haar vriend se huis op Aimablaagte in Mariental na wat verneem word aan die brand gesteek.

Sy en die slagoffer was glo die afgelope ses maande in ’n verhouding.

Die skade beloop na raming N$590 000.

Die vrou is in hegtenis geneem.

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

56 minute gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...