Twee massiewe honderdtalle in APS-reeks
Krieket
Tielman van Lill
African Personnel Services (APS) se o.16-krieketreeks het Saterdag by die Vegkopstadion opnuut ’n hoogtepunt gelewer toe die A-span met agt paaltjies die B-span oorskadu het.
Twee verstommende honderdtalle het die ure langs die veld absoluut die moeite werd gemaak. Ofskoon Gerhard Janse van Rensburg van die B-span in sy eerste kolfbeurt op nommer vier gesukkel het en net agt lopies kon bydra, het hy in die opvolgbeurt kookwaterspel gelewer.
Van Rensburg het met sy tweede probeerslag as aanvangskolwer floreer en het tien reusagtige sesse oor die grens gepeper. Sy skouspelagtige 112 nie uit nie van net 33 aflewerings het ook drie viere bevat. Sy vyftigtal het van skaars elf balle gekom – ’n merkwaardige vertoning wat met enige wêreldrekordbeurt kan saampraat.
Die 15-jarige JW Visagie het in sy bestendige kolfbeurt met 103 lopies van 63 balle vir die A-span gewys watter talent hy vir die toekoms inhou.
Hoewel sy vertoning nie foutloos was nie, het Visagie aan almal gewys wat met konsentrasie en tydberekening uitgerig kan word. Die beskeie JW se 103 het elf viere en ses sesse ingeluit. Hoewel hy klein van postuur is, het hy sy grenshoue moeiteloos met perfekte tydberekeing en grasie na die grenstou aangehelp. JW is beslis ’n talent wat dopgehou moet word.
Die telkaart:
B-span eerste kolfbeurt 153 almal uit, 30.3 boulbeurte. 1 Zack von Wielligh (17 lopies, 34 balle, 2x4), 2 Michael Feely (25, 33 b, 4x4), 3 Hansie de Villiers (1, 5 b), 4 Gerhard Janse van Rensburg (8, 4 b, 1x6), 5 Jack Parker (14, 19 b, 1x4), 6 Dian Jacobs (3, 4 b), 7 Heinrich Geldenhuys (2, 6 b), 8 PD Blignaut (9, 10 b, 1x6), 9 Christiaan Delport (23, 23 b, 2x4), 10 Perlo Hitiraukunga (14, 24 b, 2x4), 11 Simon Ndeshahala (9, 19 b).
Val van paaltjies: 57 (Feely), 59 (De Villiers), 65 (Von Wielligh), 77 (Van Rensburg), 84 (Jacobs), 89 (Geldenhuys), 98 (Parker), 107 (Blignaut), 131 (Delport), 153 (Hitiraukunga).
A-span boulsyfers: Wicus van Wyk (4 boulbeurte, 0/15), Alexander Volschenk (2 bb, 0/7), Dirk Theunissen (2 bb, 0/10), 4 Henry van Wyk (4 bb, 1/21), Lu-Hendro de Waal (4 bb, 3/29), 6 Zander Smith (2.3 bb, 2/10), 7 Antinus Magundu (4 bb, 2/21), 8 Romanus Johannes (4 bb, 1/16), 9 Dylan Leicher (2 bb, 0/4), 10 Ben Burger (2 bb, 0/17).
A-span eerste kolfbeurt, 237 almal uit in 28 bb. 1 H. van Wyk (0, 5 b), 2 R. Johannes (0, 1 b), 3 D. Leicher (10, 9 b, 2x4), 4 JW Visagie (103, 63 b, 11x4, 6x6), 5 L. de Waal (29, 11 b, 5x4, 1x6), 6 B. Burger (20, 12 b, 1x4, 2x6), 7 D. Theunissen (22, 34 b, 1x4), 8 A. Volschenk (7, 7 b, 1x6), 9 W. van Wyk (13, 14 b, 2x6), 10 Z. Smith (4*, 5 b), 11 A. Mangundu (2, 8 b).
Val van paaltjies: 1 (Van Wyk), 1 (Johannes), 32 (Leicher), 62 (De Waal), 91 (Burger), 197 (Visagie), 207 (Theunissen), 214 (Volschenk), 230 (Van Wyk), 237 (Mangundu).
B-span boulsyfers: C. Delport (2 bb, 1/8), Blignaut (4 bb, 1/33), Geldenhuys (4 bb, 1/29), Jacobs (2 bb, 0/27), Parker (2 bb, 2/23), Feely (4 bb, 0/38), De Villiers (2 bb, 1/14), Hitiraukunga (4 bb, 0/40), Ndeshahala (3 bb, 1/21), Von Wielligh (1 bb, 0/4).
B-span tweede kolfbeurt 138/3 in 10 bb. 1 Jansen van Rensburg (112*, 33 b, 3x4, 10x6), 2 Ndeshahala (2, 12 b), 3 Jacobs (6, 5 b, 1x4), 4 De Villiers (0, 2 b), 5 Geldenhuys (9*, 5 b).
Val van paaltjies: 230 (Ndeshahala), 243 (Jacobs), 246 (De Villiers).
A-span boulsyfers: 1 Smith (2 bb, 0/8), 2 Burger (2 bb, 0/37), 3 Leicher (1 bb, 0/23), 4 Theunissen (3 bb, 1/44), 5 De Waal (1 bb, 1/21), 6 Volschenk (1 bb, 1/3).
A-span tweede kolfbeurt 55/2 in 6 bb: 1 Smith (0, 2 b), 2 Volschenk (41*, 19 b, 3x4, 4x6), 3 Johannes (3, 14 b), 4 Van Wyk (1*, 2 b).
Val van paaltjies: 238 (Smith), 272 (Johannes).
B-span boulsyfers: Von Wielligh (1 bb, 1/11), Jacobs (2 bb, 0/11), Delport (2 bb, 1/13), Parker (1 bb, 0/20).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie