Twee mans vas oor ietermagogvelle op Okahandja
Twee mans is Saterdag by 'n supermark op Okahandja in verband met die onwettige besit van twee ietermagogvelle in hegtenis geneem.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, inspekteur Maureen Mbeha, is die verdagtes (albei 25) Saterdagmiddag op heterdaad tydens 'n intelligensiegedrewe operasie met die velle betrap.
"Die verdagtes sal Maandag in die Okahandja-landdroshof verskyn," het sy gesê.
Die polisieondersoek duur voort. - Nampa
Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie