Twee mans sterf op Hochfeldpad
Twee mans het gistermiddag in ‘n motorongeluk op die pad tussen Okahandja en Hochfeld gesterf.
Die sedanvoertuig waarin hulle gereis het, het ‘n slaggat getref en die voertuig het ‘n paar keer gerol.
Die oorledenes is mnre. Victor Awaseb (die bestuurder) en Makietie Petrus.
Twee ander mans het beserings opgedoen en is in die Okahandja-staatshospitaal opgeneem.
Volgens adj.komm. Naukalemo Andreas van die Otjozondjupastreek het die ongeluk omstreeks 12:30 gebeur.
Polisiebeamptes van Okahandja was op die ongelukstoneel - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie