Twee mans gesoek wat vulstasie beroof

Henriette Lamprecht
Twee mans gewapen met 'n speelgoed AK-47-geweer het vanoggend omstreeks 01:30 die Shell-vulstasie in Mondesa, Swakopmund beroof. Die mans het die winkel se glasdeur oopgebreek, terwyl twee werknemers en 'n kliënt in die winkel was. Die werknemers en die kliënt kon daarin slaag om te ontsnap. Die mans het die kasregister en drie selfone gesteel, met die totale waarde wat gebuit is sowat N$13 000.
Die twee verdagtes is steeds op vlug en enige persoon met inligting kan adj. komm. Erastus Iikuyu by 081 246 4757, adj. hoofinspekteur John Mwatongwe by 081 246 1121 of adj. offisier Gottfried Paulus by 081 275 5424 of alternatiewelik die naaste polisiestasie kontak.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer