Twee Man City-spelers het Covid-19
Twee Man City-spelers het Covid-19

Twee Man City-spelers het Covid-19

Sokker
Twee van Manchester City se spelers, die vleuel Riyad Mahrez en verdediger Aymeric Laporte, is aan die vooraand van die nuwe Engelse Premierliga-seisoen positief vir Covid-19 getoets.
Volgens dié sokkerklub is albei spelers asimptomaties en selfisoleer hulle in pas met die regering en Premierliga se coronavirus-protokolle.
Die Premierliga-seisoen skop Saterdag af, maar Manchester City sal sy veldtog eers op 21 September teen Wolverhampton Wanderers begin.
City kry ’n ekstra week se blaaskans omdat hy tot onlangs toe nog in die Europese Kampioeneliga in aksie was.
City kon die afgelope seisoen nie sy Premierliga-titel suksesvol verdedig nie en het 18 punte agter die kampioen, Liverpool, geëindig. – Reuters, Netwerk24

FOTO
Die Manchester City-speler Riyad Mahrez is tans in selfisolasie nadat hy positief vir Covid-19 getoets is. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer