Twee leerlinge sterf onderweg na koshuis in padongeluk
Twee leerlinge is Saterdagoggend onderweg na die koshuis op Maltahöhe dood nadat die voertuig omgeslaan het waarop hulle vervoer is. Hy is saam met ander leerlinge wie se ouers na verneem word by ‘n lodge in die omgewing van Helmeringhausen werksaam is, na dié dorp vervoer.
Hulle was volgens inligting op Maltahöhe op skool.
Volgens mnr. Sean Naudé van die private nooddienstegroep, Namibia Marshall Rangers, is ‘n derde leerlinge vanmiddag met ernstige beserings na Windhoek vir behandeling oorgeplaas.
“Een van die kinders is op slag dood en die tweede een is later by die kliniek dood. Twee ander leerlinge het ernstige beserings opgedoen, waarvan een na Windhoek afgevoer word. Die ander drie se beserings is nie nie so ernstig nie,” sê hy.
Die leerlinge is op ‘n oop wild- en natuurbesigtingsvoertuig vervoer toe ‘n band gebars en die voertuig gerol het, sê hy.
Die twee oorledenes was 14 en 12 jaar oud. Dit is nie bekend hoe oud die leerlinge is wat beseer is nie.
Foto: Namibian Sun

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie