Twee kry hulp na Moederstad se marathon
Twee Namibiërs, Lavinia Haitope en Reonard Namupala, sal op 18 September die land se aanslag op die jaarlikse Sanlam Kaapstad-marathon van stapel stuur. Beide se deelname word deur Sanlam Namibië ondersteun.
Twee ander landgenote het verlede jaar belowende prestasies daar behaal. Mynhardt Kauanivi se 12de plek in die manswedloop oor 42 kilometer in ’n tyd van 2 ure 18 minute 24 sekondes was goed genoeg om hom vir vanjaar se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro te laat kwalifiseer.
Ndeshimona Ekandjo het tiende in die vrouemarathon klaargemaak met ’n goeie tyd van 2:49:42 – effens buite die Olimpiese kwalifiserende merk van 2:45:00. Ekandjo het later in Botswana minder as ’n minuut stadiger as hierdie vereiste tyd gehardloop.
Die gesogte marathon deur Suid-Afrika se Moederstad volg ’n natuurskone roete en is sedert 2014 die enigste marathonbyeenkoms in Afrika wat silwerstatus van die IAAF geniet. Die roete word ook as plat en vinnig bestempel, wat ideaal vir beide beginners én gesoute hardlopers met hoër ambisie is.
Evans Simataa, Sanlam se hoofbestuurder vir korporatiewe steun, sê: “Ons Namibiese atlete se prestasies het ons verlede jaar trots gemaak.
“Altesame 4 227 hardlopers het vir die 2015-byeenkoms aangetree, waarvan 2 770 mans en 1 454 vroue. Die standaard is hoog en ons verwag dat ons twee atlete vanjaar selfs beter sal vaar.”
Mnr. Erwin Naimhwaka, sekretaris-generaal van Atletiek Namibië, sê: “Kauanivi se Olimpiese kwalifisering by verlede jaar se Sanlam Kaapstad-marathon is presies hoekom ons by sulke inisiatiewe betrokke is – om atlete die geleentheid te bied om hul beste tye te verbeter en op ’n groter verhoog raakgesien te word.
“Ons het dus waardering dat Sanlam weer aan boord gekom het deur atlete se uitgawes soos fisioterapie, aanvullings, vervoer en uitrusting insluitend hardloopskoene te dek.”
Lavinia Haitope en Reonard Namupala sal in September die twee plaaslike langasems wees wat met die steun van Sanlam Namibië die reis na die buurland aanpak.
Haitope sê: “Ek is so opgewonde om my land in Kaapstad te gaan verteenwoordig. Ek het al in ’n paar verskillende lande insluitend Botswana en Denemarke gaan hardloop. Ons is vasberade om ons beste te gaan gee, want ons wil hê dat mense van Namibië se talent moet kennis neem.
“Ek en Reonard se doelwit is om met die beste padwedloop van ons lewe vorendag te kom.”
Benewens die marathon oor 42.2 km sluit die byeenkoms ook ’n 10 km stap/drafitem en ’n 4.2 km pretloop in. Meer inligting aanlyn by www.capetownmarathon.com gedoen word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie