Twee kante van kwarantyn-pyn
Dit kos die staat duisende ekstra Namibiese dollars om mense in kwarantyn te hou wat ná 14 dae steeds op hul uitslae wag.
Henriette Lamprecht – Byna N$20 000 vir ’n vliegtuigkaartjie uit Suid-Afrika, plus 14 dae in kwarantyn in ’n gastehuis 1,5 km van haar huis. Dit is wat dit ’n inwoner van Windhoek gaan kos om uit die buurland terug te keer en twee weke in kwarantyn “op my voorstoep” deur te bring.
Volgens die vrou wat haar seun na Suid-Afrika vergesel het waar hy vanjaar sy matriek voltooi, het sy die keuse van twee opsies wat haar albei duisende uit die sak gaan jaag. Opsie 1 is by ’n gastehuis teen N$1 000 per nag wat ontbyt, middag- en aandete asook ’n koeldrank by elke ete insluit. Die totaal vir haar verblyf en haar vliegtuigkaartjie beloop N$18 500 per persoon. Opsie 2 wat ook verblyf en die vliegtuigkaartjie insluit, beloop teen N$975 per nag N$18 150.
Volgens die vrou het sy in Suid- Afrika die opsie gehad om met hul aankoms in die land in selfkwarantyn vir 14 dae te gaan waar hulle gereeld deur ’n Covid-span besoek is. Sy sê voorts die plan is om haar seun in September/Oktober tydens sy matriekeksamen in Suid-Afrika te gaan ondersteun, wat beteken met haar terugkeer sal hulle wéér vir die verpligte 14 dae kwarantyn hul sakke moet skud.
“Waarom kan mense nie net die opsie hê om by hul eie huise te selfkwarantyn nie? Niemand het hierdie tipe geld nie,” het sy gesê.
Intussen sit elf Namibiërs reeds vir 19 dae op ’n lodge naby Aussenkehr en wag op die uitslae van hul toetse om amptelik uit kwarantyn te kom. Dié rekening is egter vir die staat, wat N$1 000 per inwoner per dag beloop.
Volgens ’n Namibiër wat op ’n plaas in die Suide boer is die betrokke inwoners op dag 12 en dag 14 getoets, maar was daar nog geen terugvoering aan die kant van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) oor wanneer hulle uiteindelik die lodge kan verlaat nie.
“Dit kos die staat N$1 000 per persoon per dag, wat reeds meer as N$44 000 beloop,” het hy gesê.
‘WEES GEDULDIG’
Volgens hom is die antwoord van die mediese span wat na hulle omsien dat hulle “geduldig” moet wees en dat hulle nie die lodge mag verlaat alvorens hul uitslae ontvang is nie.
Die inwoners word ook volgens hom deur die polisie bewaak om te keer dat hulle die lodge verlaat. “Die verblyf en die geriewe en kos is goed. Ons kan glad nie daaroor of oor die mediese span kla nie, maar mense is desperaat om terug te keer huis toe.”
Hy beskryf die kommunikasie met die “hoofkantoor” as “geweldig swak”.
“Ek sou dink as ’n ou vir die staat geld kos, wil jy hulle so gou as moontlik van jou nek afkry om koste te bespaar. Kan hulle nie die ouens wat klaar is met kwarantyn eerste toets nie?” het hy gevra. Volgens die man is daar ’n man, vrou en ’n kind wat reeds 20 dae by die lodge is.
“Almal is g**vol. Die staat kan spaar as hulle net ons uitslae vir ons kan gee.”
Intussen het die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, gister by navraag beklemtoon die vertragting met die verskaffing van mense in kwarantyn se uitslae is nie “opsetlik” nie. Volgens hom was daar ’n “skielike oplewing” in die aantal weefselmonsters ná die uitgebreide geteikende toetsing in Walvisbaai.
“Dit het daartoe gelei dat mense in kwarantyn vir langer in kwarantyn moet bly,” het hy gesê.
Shangula sê dit beteken gevolglik “hoe meer dae in kwarantyn, hoe meer kos dit die regering”.
Met verwysing na inwoners wat nou self moet pa staan vir die twee weke in kwarantyn, het Shangula gesê uitsonderings word gemaak vir onder meer studente en staatspasiënte. Shangula kon nie gister ’n presiese syfer verskaf van wat dit die staat tot dusver kos om mense in kwarantyn te hou nie, omdat hy in daardie stadium in die Nasionale Vergadering was.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie