Twee fietsryers doodgery
Lt.genl. Sebastian Ndeitunga is bekommerd oor die hoeveelheid polisiebeamptes wat by padblokkades doodgery word.
'n Fietsryer (25) is Vrydag omstreeks 14:20 deur 'n vragmotor by Okahandja doodgery.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is mnr. Annanias Ndapulomo Naanyukwe (43) van Vyfrandkamp deur die agterwiel van die vragmotor in Martin Neiblaan getref. Hy het op die toneel gesterf.
Nóg 'n fietsryer is verlede Woensdag omstreeks 10:20 op die pad tussen Ondangwa en Onethindi deur 'n 27-jarige vragmotorbestuurder doodgery. Mnr. Simeon Kauko (37) het op die toneel gesterf.
Mnr. Walter Ugwanga Shilimela (27) is Saterdag omstreeks 01:00 by Omakange in 'n motorongeluk dood.
Hy het met 'n sedanvoertuig van Okahao na die Okanjota-nedersetting gery toe hy glo versuim het om by die T-aansluiting by die Werda-Ruacana-pad te stop. Hy het glo die padaanwysingsbord raakgery en beheer oor die voertuig verloor. Hy het op die toneel gesterf en 'n passasier is beseer.
'n Klag van roekelose en nalatige bestuur is op Usakos aanhangig gemaak teen die 29-jarige bestuurder van 'n sedanvoertuig nadat twee seuns Vrydag ernstig beseer is in ’n ongeluk.
Die ongeluk het omstreeks 18:40 op die B2-pad 15 km vanaf Usakos tussen Arandis en Usakos gebeur.
"Die bestuurder van die wit sedanvoertuig het na bewering 'n konvooi voertuie verbygesteek toe 'n ander sedanvoertuig van voor af gekom het. Die bestuurder van die wit sedan het van die pad af gery, terug op die pad gekom en teen die kant van die ander sedanvoertuig gebots. Dié sedanvoertuig, met twee seuns as passasiers, het weer teen 'n aankomende vragmotor gebots."
Die twee seuns is na die Usakos-staatshospitaal geneem en later na 'n hospitaal in Windhoek oorgeplaas.
Sowat 2 km voor Oshivelo op die pad van Tsumeb af het 'n bakkie en 'n vragmotor Vrydag omstreeks 11:47 trompop gebots. Die 53-jarige bestuurder van die bakkie en sy passasier het ernstige beserings opgedoen en is na die Tsumeb-staatshospitaal geneem. Die 38-jarige vragmotorbestuurder is ongedeerd.
Die 32-jarige bestuurder van 'n sedanvoertuig met 'n Botswana-registrasiemerk het Donderdag om 15:30 na bewering van Botswana af deur die Trans-Kalahari-grenspos gery sonder om die voertuig te verklaar.
Die verdagte het na Gobabis gery waar hy deur die polisie in hegtenis geneem is in verband met die smokkel van 'n voertuig. Hy sou Maandag in die hof op Gobabis verskyn.
SPOEDHOBBELS BY PADBLOKKADES
Die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het Sondag 'n mediaverklaring uitgereik waarin hy sy kommer uitgespreek het oor die hoeveelheid polisiebeamptes wat by padblokkades sterf.
Volgens hom het vier polisiebeamptes sedert 2011 by padblokkades gesterf.
Ndeitunga het na die mees onlangse geval verwys toe sersant Aina Magano Iileka by die Oshiko-padblokkade doodgery is.
"Die moordsaak van die 22-jarige verdagte, mnr. Erastus Tashiya Petrus, is tot 1 September uitgestel. Borgtog is nie aan hom toegestaan nie en hy bly in aanhouding," het die inspekteur-generaal gesê.
"Ek wil maatreëls instel om polisiebeamptes by padblokkades teen roekelose en nalatige bestuurders te beskerm."
Hy doen 'n beroep op die Paaieowerheid (RA) om spoedhobbels by permanente padblokkades op te stel sodat motoriste spoed verminder.
Ndeitunga het ook 'n beroep op polisiebeamptes by padblokkades gedoen om padreëls streng toe te pas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie