Twee dood in petrolbomaanval in Filippyne
Twee mense is Maandagmiddag dood en talle beseer in ’n petrolbomaanval in die suide van die Filippyne.
Volgens veiligheidsmagte is die aanval die werk van ’n klein groep aanhangers van die Islamitiese Staat.
Rebelle is veral in die suide van die land bedrywig waar baie groepe bande met Al-Kaïda en die Islamitiese Staat het.
Die bom het buite die ingang van ’n inkopiesentrum in die stad Cotabato ontplof. Genl.maj. Cirilito Sobejana van die weermag sê minstens 28 mense is beseer.
Hulle het ’n tweede bom in die gebied gevind voordat dit kon ontplof.
Sobejana sê hy vermoed die ontploffing was in weerwraak op die weermag se aanval waarin sewe lede van dié betrokke militante groep vroeër dood is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie