Twee Covid-sterftes waaronder 'n baba, 25 nuwe gevalle
Twee Covid-sterftes waaronder 'n baba, 25 nuwe gevalle

Twee Covid-sterftes waaronder 'n baba, 25 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
'n Baba is onder die twee Covid-verwante tuissterftes wat gister aangeteken is. Die totale syfer staan nou op 3 540. Gister is 25 nuwe gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 1,5%. Dit sluit sewe leerlinge in. Die aktiewe gevalle staan tans op 903 waarvan 52 in die hospitaal en vyf in die ICU is. Tot op hede het 296 974 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 225 290 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 97%.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer