Twee brande saai verwoesting

Francoise Steynberg
Augetto Graig en Francoise Steynberg - Op Oujaarsdag is in afsonderlike voorvalle huise op Rehoboth en die Namibgrens-gasteplaas deur vlamme verswelg, en 'n man is dood.

'n Brand het omstreek 10:00 by 'n huis op erf 512 in Blok B naby JTC op Rehoboth onstaan en die lewe van die 42-jarige Mario Donwell Rigardo Feris geëis. Feris was gestremd en stom.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het Feris se suster, Sarie, wat met haar drie kinders (3, 7 en 9 jaar oud) ook in die huis gewoon het, die oggend gaan koffie drink by 'n ander suster se huis daar naby. Ná 'n halfuur is sy teruggeroep huis toe omdat die huis aan die brand was.

Die brand het blykbaar in die gestremde man se kamer begin. Die polisie sê die brandweer en Rehoboth-inwoners het hul bes gedoen om die vuur te bestry, maar kon nie vir Feris red nie. Die drie kinders het geen beserings opgedoen nie.

Volgens mnr. Mario Gutteres, wat verlede jaar Rehoboth se vrywillige brandweergroep gestig het, was dit 'n probleem om die huis op te spoor.

"Toe my span op die toneel aankom, was die huis al erg in vlamme," het hy gesê.

"Die dorpsraad se brandweer was toe al op die toneel en besig om die vuur te blus. Gelukkig kon hulle die vlamme onder beheer kry voor ander nabye huise ook vlamgevat het."

Sondag se brand was nie die eerste in die feestydperk op Rehoboth nie. Verlede Vrydag het 'n groot veldbrand langs die B1-hoofpad ook naburige huise bedreig.

Gutteres se vrywilligers het saam met tot 20 lede van die weermag en lede van die dorpsraad se brandweer die vuur onder beheer gekry, het hy gesê.

NAMIBGRENS LY SKADE

Die huis van die eienaar van bekende Namibgrens-gasteplaas in die Gamsberg-gebied wes van Windhoek het op Oujaarsdag om 02:30 in vlamme opgegaan.

Volgens die bestuurder van Namibgrens, me. Annamarie Strydom, het die eienaar, mnr. John Rabie, se grasdakhuis afgebrand terwyl hy en sy gesin op Kaapkruis met vakansie was.

"Die huis het so vinnig afgebrand. Alles is verwoes en ons kon niks red nie," het Strydom gesê.

Die gasteplaas was volbespreek, maar al die gaste is veilig en niemand is in die voorval beseer nie.

Die brandstigters het vermoedelik die brand by Rabie se huis gestig om die aandag af te trek om by Strydom se huis in te breek.

"Terwyl ons gaan kyk het hoe die huis afbrand, het hulle by my huis deur die badkamervenster ingekom. Hulle het kontant van sowat N$17 000 gesteel. Selfs die selfone wat rondgelê het, is nie gesteel nie," het Strydom gesê.

"Om vir hierdie tipe geld soveel skade aan te rig, is verskriklik. Dit is die eerste keer wat so iets op Namibgrens gebeur. Ons jaar het sleg afgesluit.”

Sy sê die Nauchas-polisie en die omgewing se reserviste was baie behulpsaam en hulle het omstreeks 18:00 vier verdagtes aangekeer. Die verdagtes is van die omgewing.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 373.63/OZ DOWN -0.0076 | Copper US$ 4.82/lb DOWN -0.0152 | Zinc US$ 2 958.00/T DOWN -0.86% | Brent Crude Oil US$ 84.07/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 1 052.70/OZ DOWN -0.016 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 373.63/OZ DOWN -0.0076 | Copper US$ 4.82/lb DOWN -0.0152 | Zinc US$ 2 958.00/T DOWN -0.86% | Brent Crude Oil US$ 84.07/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 1 052.70/OZ DOWN -0.016