Twee bendeverkragtings die naweek aangemeld
'n 23-jarige vrou is Vrydag in Otjomuise in Windhoek glo deur vyf onbekende mans om die beurt verkrag.
Na bewering is die slagoffer en haar vriend na 'n huis vir drankies genooi. Sy het glo aan die slaap geraak en toe sy wakker word, het sy besef die vyf verdagtes is besig om haar te verkrag. Niemand is in die verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
• 'n Saak van verkragting en mensehandel is teen twee vragmotorbestuurders aanhangig gemaak. Hulle het glo Vrydag 'n 19-jarige meisie by 'n winkel op Rundu verkrag. Hulle het daarna met haar Tsumeb toe gery en haar beveel om op Tsumeb uit die vragmotor te klim. Sy het die polisie in kennis gestel. Niemand is in hegtenis geneem nie.
• 'n 33-jarige man het glo Saterdag tussen 18:00 en 19:00 'n 13-jarige meisie in die Nuweus-woonbuurt op Aranos verkrag. Die verdagte is in hegtenis geneem.
• Na bewering is 'n 19-jarige meisie Saterdag deur haar 29-jarige oom by Myl 4 op Swakopmund verkrag. Die verdagte het glo vir die slagoffer gevra om hom na sy huis te vergesel om 'n voertuig te gaan haal. By sy huis het hy haar gegryp en verkrag. Die man is in hegtenis geneem.
GEWAPENDE ROOF
Twee verdagtes het glo Sondag om 17:00 in die omgewing van die plaas Gellapos naby Keetmanshoop twee plaaswerkers aangeval.
Die verdagtes het met 'n wit sedanvoertuig by die plaaswerkers gestop en vleis geëis. Hulle het een van die plaaswerkers met 'n pistool oor die kop geslaan en hom gedreig. Hulle het na bewering die plaaswerkers opdrag gegee om diere bymekaar te maak en om een skaap te slag. Hulle het ook vier bokke in die voertuig gelaai en saam met een van die plaaswerkers Keetmanshoop toe gery. Daar het hulle sy selfoon afgevat en hom laat gaan. Niemand is in hegtenis geneem nie.
• Vier verdagtes het na bewering Sondag om 03:30 'n veiligheidswag by 'n besigheid in die suidelike nywerheidsgebied in die hoofstad met pistole gedreig, sy arms met draad vasgebind en hom in 'n kamer gesit. Hulle het toegang tot die besigheid verkry en twee televisiestelle wat teen die muur vasgemaak was, asook ander items ter waarde van N$38 000 gesteel. 'n Vyfde verdagte het glo in die ontsnapvoertuig gewag. Niemand is in hegtenis geneem nie.
BEDROG
'n 25-jarige student van die Universiteit van Namibië (Unam) op Aranos is Vrydag om 12:30 glo uit N$5 000 bedrieg. Hy het 'n oproep op sy selfoon ontvang van iemand wat beweer het hy is van MTC en die slagoffer het geld gewen. Die slagoffer moet egter 'n paar selfoonbankstappe volg en 'n PIN-nommer vir onttrekkings na die verdagte stuur om die geld te ontvang. Die verdagte het die geld onttrek en sy foon afgeskakel.
Die polisie doen 'n dringende beroep op mense om bewus te wees van sulke bedrieërs en altyd by die betrokke instellings seker te maak dat hulle wel gewen het.
STROPERY
By die Ondereko-nedersetting in die Ruacana-kiesafdeling is Sondag om 06:30 glo 'n olifant sonder 'n permit doodgeskiet. Die olifant se tande is verwyder. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie