Twaalf maande voordat WB só begin

Die Eagles sal volgende jaar in hul T20 WB-debuutwedstryd teen Bangladesj te staan kom.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Sukses in die laaste naweek se medaljewedstryde het die Namibiese krieketspan ontglip, maar sy toer na Dubai was nietemin suksesvol en 'n belangrike nuwe mylpaal vir die sport in die woestynland.

Gister is die wedstrydbepalings bekend gemaak vir die eerste ronde van die T20 Wêreldbekertoernooi volgende jaar in Australië, waarvoor die Namibiese Eagles vir die eerste keer gekwalifiseer het.

Namibië en sy medekwalifiseerders sal tussen 19 en 23 Oktober 2020 sake uitspook om die vier spanne te bepaal wat na die WB-toernooi se Super­twaalf-fase deurdring.

Bangladesj is gewis die groot span in groep B wat sy toernooi op 19 Oktober volgende jaar teen Namibië sal open. Die Eagles se ander twee wedstryde is teen Skotland twee dae later en daarna teen Nederland op 23 Oktober, met al die wedstryde op die Bellerive-ovaal in Hobart, Tasmanië.

Groep A van die eerste ronde sal terselfdertyd tussen Sri Lanka, Papoea-Nieu-Guinee, Ierland en Oman betwis word. Twee spanne uit elke groep dring deur na die Super­twaalf-fase, waar Pakistan, Australië, Nieu-Seeland, Wes-Indië, Indië, Engeland, Suid-Afrika en Afghanistan hulle reeds inwag.

Afrigters Pierre de Bruyn en Albie Morkel sal dus gewis geensins kan verslap op die harde werk wat voorlê om die Eagles vir die hoër vlak van kompetisie te slyp nie.



KAPTEIN DIE TOPSPELER

Namibië se kaptein, Gerhard Erasmus, is as die speler van die toernooi aangewys vir sy deurlopende veelsydige bydraes wat sy span in hul WB-kwalifisering in Dubai deurgedra het.

Die 24-jarige Erasmus het die uitduntoernooi met die tweede meeste lopies (268 teen 'n gemiddeld van 38.28) afgesluit wat drie vyftigtalle ingesluit het.

Die elf sesse wat hy geslaan het, is die gesamentlike tweede meeste (Skotland se George Munsey het ook elf sesse geslaan) en word net deur sy Namibiese spanmaat JJ Smit met 14 oortref.

Erasmus was ook briljant as veldwerker, met vyf vangskote insluit 'n skouspelagtige poging Vrydag in die semifinaal teen Papoea-Nieu-Guinee om in die buiteveld van die aanvangskolwer Tony Ura ontslae te raak. Met sy regterarm draaiballe het Erasmus ook 3/19 teen Oman platgetrek.

Erasmus is die tweede Namibiër wat as speler van die toernooi by die T20 Wêreldbeker-uitdunne aangewys word, nadat wyle Raymond van Schoor ook dié prestasie in 2012 behaal het.



DROOMSPAN

Vir die droomspan van die toernooi is ook drie Namibiërs gekies, met Erasmus as die onderkaptein.

JJ Smit was die ander onmisbare speler, wat sensasioneel met beide die kolf en die bal gevaar het.

Sy linkerarm-mediumsnelboulwerk het 16 paaltjies opgeëis wat die derde meeste in die toernooi was (gemiddeld 13).

Smit het in elke wedstryd behalwe een paaltjies geneem en was 'n deurlopende gevaarman in elke aspek van die spel. Sy 190 lopies was uiters waardevol en niemand het ook sy 14 sesse in die toernooi oortref nie.

Die droomspan se twaalfdeman is Bernard Scholtz, wat met 15 paaltjies in die toernooi uitgeblink het. Sy afwisseling van spoed met sy stadige linkerarm draaiballe was vele kolwers se doodsteek en hy was baie betroubaar met 'n uiters lae koste van 5.34 lopies per boulbeurt.

Die volledige droomspan van die toernooi was: Jatinder Singh (Oman), Paul Stirling (Ierland), Asad Vala (PNG, kaptein), Gerhard Erasmus (Namibië, onderkaptein), Ryan ten Doeschate (Nederland), Matt Cross (Skotland, paaltjiewagter), JJ Smit (Namibië), Roelof van der Merwe (Nederland), Norman Vanua (PNG), Paul van Meekeren (Nederland), Bilal Khan (Oman). Twaalfdeman: Bernard Scholtz (Namibië).

NEDERLAND BLY BO

Nederland het Saterdag die eindstryd teen PNG met sewe paaltjies gewen om sy titel te behou.

Die eilandspan het 128/8 opgestel (Roelof van der Merwe 2/15, Brandon Glover 3/24), maar die oranje span se veteraankolwers soos Ben Cooper (41 van 33 balle) en Ryan ten Doeschate (34 nie uit nie van 23 balle) het oortuigend met die taak klaargespeel.

• Namibië het Saterdagoggend in die bronsfinaal met 27 lopies te kort geskiet teen Ierland.

Ierland se drie topkolwers Paul Stirling (25 van 21 balle), Kevin O'Brien (17 van 14 balle) en veral Andy ­Balbirnie (46 van 35 balle) het die eerste driekwart van die kolfbeurt oorheers, om ná 15 boulbeurte op 106/5 te staan.

Die Namibiese boulers JJ Smit (3/19 in 3.1 bb), Craig Williams (3/34 in 4), Bernard Scholtz (1/29 in 4) en Zhivago Groenewald (2/20 in 4) het hierna puik teruggeveg om die hele liggroen span binne 19.1 boulbeurte vir 135 uit te boul. Groenewald het in die plek van die beseerde Jan Frylinck sy speelkans gekry.

Die Namibiese kolwers het egter nie voldoende aangepas by Ierland se planne om hul houeslaners te neutraliseer nie. Gerhard Erasmus, met 51 van 34 balle (7x4) was die enigste wat vernuftig daarin kon slaag om gereeld twee lopies te hardloop en sodoende die veldplasing te manipuleer.

Veelseggend was dat JJ Smit (10 van 13 balle) die enigste ses van die Namibiese kolfbeurt geslaan het. Veral die Ierse draaiboulers was doeltreffend.

• Die Eagles moes die vorige aand ook in die semifinaal teen PNG met 18 lopies die knie buig.

PNG se 130/5 was gebou op Charles Amini (31 van 28 balle) en Sese Bau (40 van 38) se kolfwerk, terwyl Gerhard Erasmus se duikende eenhand-vangskoot om van die aanvangskolwer Tony Ura ontslae te raak, as een van die bestes van die toernooi uitgesonder word.

Die gedissiplineerde boul- en veldwerk van PNG het egter die Namibiërs in 'n wurggreep gekry. Op die grondslag van Stephen Baard (34 van 40 balle, 2x4 1x6) en JP Kotzé (30 van 27 balle, 2x4 2x6) se vroeë werk kon nie voortgebou word nie en die Eagles kon net met 112/5 antwoord.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%