Tussen die duiwel en die diep blou see
Adolf Kaure – Feitlik elke bedryf en individu in ons land word op soortgelyke wyse geraak deur die regulasies om sosiale afstand gedurende die Covid-19 nasionale noodtoestand te handhaaf.
Vir diegene wie se brood en botter van 'n gehoor afhanklik is, is dit 'n jammerlike situasie dat enige groot openbare byeenkomste die afgelope tyd verbied word. Selfs terwyl sportaktiwiteite stadig maar seker met oefensessies mag terugkeer, sukkel vele atlete steeds sonder die inkomste uit hul onderskeie kodes. Dié verliese dra by tot die algehele toename in armoede en misdaad. Sportmense is nou uitgelewer om op voedselskenkings staat te maak om te kan oorleef. Kunstenaars bevind hulle ook in die pekel en het nie die geleentheid om ateljee toe te gaan en musiek op te neem nie, vanweë inperkings en sosiale afstand.
Om dieselfde rede mag hulle ook nie optredes reël nie – veral hier in die Erongostreek, waar nie meer as tien mense op Swakopmund, Walvisbaai of Arandis vir 'n byeenkoms mag vergader nie. Musikante word betaal vir optredes, wat alles vanweë die beperkings gekanselleer moes word.
Hierdie musikante moet alreeds met kleingeld van Nascam in die uitbetaling van tantieme tevrede wees, omdat plaaslike radiostasies verkies om nie-Namibiese musiek te speel wat net tot voordeel van die buitelandse kunstenaars is wat hul tantieme in Namibië verdien.
In plaas van om betaalde optredes te kan lewer, moet hulle nou noodgedwonge gratis vertonings op sosiale media doen. Hoewel dit potensieel “goeie blootstelling” bied, help dit min terwyl jou maandelikse huur ophoop. Rekeninge vir water en elektrisiteit is in die rooi, daar is niks om te eet nie en sommiges wend hulle tot misdaad, spesifiek diefstal en roof. Soos hulle sê, “a hungry man is an angry man” en moet 'n manier vind om in sy basiese behoeftes te voldoen.
Vele organisasies en regeringsinstellings soos die Nasionale Kunsraad, wat deel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se direktoraat kuns is, het toelae beskikbaar gestel om musikante te help wat voorstelle vir kreatiewe projekte kon voorlê. Ongelukkig weet vele mense nie van sulke inisiatiewe nie en boonop is talle bepalings en voorwaardes hieraan verbonde.
Konferensies is nog 'n sektor wat erg getref is. Hotelle en restaurante begin uiteindelik die proses om terug op hul voete te kom.
Net enkele weke gelede was dit nog 'n jammerlike situasie. Vele mense in hierdie bedrywe het hul werk verloor en vanweë inperkings mag hulle nie noord of suid reis om by hul ouerwonings vir kos en gratis blyplek te gaan aanklop nie.
Sosiale afstand het soveel sektore 'n knak gegee, insluitend sport, kuns, musiek, gasvryheid en konferensiegeleenthede. Al wat ons kan doen, is om vir die beste te hoop terwyl sovele steeds sonder inkomste oor die weg probeer kom. Steeds bly die verwagting dat jy 'n wetsgehoorsame burger moet bly.
Dis 'n dilemma. Te veel mense bevind hulle tussen die duiwel en die diep blou see.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie