Turkse weermag u2018neutraliseeru2019 44 IS-militante
Turkse weermag u2018neutraliseeru2019 44 IS-militante

Turkse weermag ‘neutraliseer’ 44 IS-militante

Sirië
Estelle de Bruyn
Die Turkse weermag het gister (Woensdag) gesê dit het 44 militante van die Islamitiese Staat-groep (IS) “geneutraliseer” en 117 gewond as deel van ‘n operasie in die noordelike Siriese dorp, al-Bab.

In ‘n verklaring sê die weermag sewe rebelle is die afgelope dae in skermutselings gewond en 157 IS-teikens is deur artillerie en ander wapentuig geteiken.

Rebelle met die steun van Turkse magte beleër al-Bab reeds vir weke onder die “Eufraat-skild”-operasie wat byna vier maande gelede deur Turkye van stapel gestuur is om Soenni en Koerdiese vegters van die grens met Sirië te verdryf. Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer