Tuinier skuldig aan moord op bejaarde
’n Tuinier wat daarvan beskuldig is dat hy ‘n 78-jarige man in Augustus 2017 op Swakopmund beroof en vermoor het, is in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind. Die 27-jarige Unaaro Mbemukenga is daaraan skuldig bevind dat hy Manfred Karel Hartmann op 17 Augustus 2017 in sy huis op die kusdorp vermoor het. Mbemukenga het kort ná sy inhegtenisname skuldig op die klagtes van aanranding, moord en roof gepleit.
Sy pet is ook langs Hartmann se lyk in die badkamer gevind, terwyl hy ook in besit was van Hartmann se selfoon en skootrekenaar.
Mbemukenga het vir twee maande as tuinier by Hartmann gewerk.
Hy het hom (Hartmann) met ’n baksteen oor die kop geslaan, nadat hy sy hande agter sy rug vasgebind het. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie