Tuimelaars op toer
Gimnastiek
Die Windhoekse gimnastiekklub Griffins gaan van krag tot krag nadat dit skaars een jaar gelede op die been gebring is.
'n Groepie van ses gimnaste het vandeesweek na Portugal vertrek, waar hulle op uitnodiging aan 'n internasionale byeenkoms sal deelneem. Die Namibiërs sal die gaste van die Gimno Clube Santarém wees vir die sogenaamde Scalabis-bekerbyeenkoms wat van komende Donderdag tot Saterdag in Santarém gehou word.
Die jong Griffins-groep sal in die drie dissiplines van die kompetisie (tuimel- en trampoliengimnastiek, asook die dubbel-mini trampolien) meeding.
Die gimnaste Leon van Wyk, Faith Enkali, Zacheo Jansen van Vuuren, Hannah Cronje, Jeanette Steyn en James Cindano word deur hul afrigter Robert Honiball vergesel.
Meer as 900 gimnaste van klubs dwarsoor die wêreld sal op uitnodiging aan die kompetisie deelneem.
• Die Griffin-klub, wat die sportsaal by Trustco United gebruik, het hom binne sy eerste bestaansjaar as 'n krag in plaaslike kompetisies gevestig en sy gimnaste is gereeld onder die medaljewenners. Dit sluit onlangse streek- en nasionale kompetisies in.
Afgesien van gimnastiek, is Griffin sportklub ook in die proses om hom vir die aanbieding van meer sportdissiplines voor te berei. Dit sluit dans, swem, tennis, rotsklim, parkour, “tricking” (skoppe en bolmakiesies wat met dansbewegings gekombineer word) en “calisthenics” (siergimnastiek of vrye oefeninge) in.
Griffin Sport sal in die nabye toekoms ook meer sigbaar raak wanneer Namibië se eerste trampolienpark en rotsklimsentrum sy deure by Maerua Mall open.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie