Tugsake kan nou bevoeg hanteer word
Rugby
Andrew Poolman - Mnr. Clement Daniels van Windhoek het sy kwalifikasie as 'n beampte in dissiplinêre en tugsake van Wêreldrugby verwerf.
Daniels het vroeg in Desember die kursus van Wêreldrugby in Kaapstad gaan bywoon en het sedertdien sy sertifikaat as 'n geakkrediteerde beampte ontvang.
Die internasionaal erkende kwalifikasie stel hom in staat om dissiplinêre verhore te hanteer wanneer 'n speler 'n rooi kaart ontvang het en 'n beslissing oor die gepaste straf bereik moet word, met inagneming van die verswarende en versagtende omstandighede. Daniels is ook bevoeg om appèlsake te hanteer.
Daniels het sy dank uitgespreek teenoor die Namibië Rugby-unie (NRU) vir die geleentheid om die kursus in Suid-Afrika te gaan bywoon. Hy dien die afgelope bykans ses jaar as voorsitter van die NRU se dissiplinêre komitee.
“Die kursus was baie intensief, maar ook baie insiggewend. Dit is 'n dag voor die HSBC Kaapstad-sewestoernooi afgehandel en dus het ons agterna die geleentheid gekry om op 'n praktiese vlak waar te neem hoedat tugverhore tydens die toernooi gehanteer word.”
Nog 'n Namibiër, die uitgetrede toetsskeidsregter mnr. Cameron Kotze, het by dieselfde geleentheid die Wêreldrugby-kursus as 'n uitwysbeampte afgelê en geslaag.
Daniels, wat in sy speeldae vir Sekondêre Skool Suiderlig op Keetmanshoop en later klubrugby vir Youngsters van Lüderitz gespeel het, sê hy wil graag die kennis en ondervinding terugploeg deur dit met ander beamptes in Namibië te deel.
“Wêreldrugby het 'n nuwe bloudruk vir die tugprosesse opgestel in die strewe om groter eenvormigheid in die toepassing van strawwe te bereik. 'n Kontrolelys word gevolg om die proses vanaf uitwysing vir voorvalle op die veld, tot die verhoor en moontlik ook die appèlsaak te orden.
“My hoop is dat ons in die plaaslike stelsel vir alle wedstryde onder die vaandel van die NRU ook die dissipline kan help opknap en om eenvormigheid in die toepassing van die reëls en regulasies te bereik, in samewerking met die skeidsregters.”
Met sy nuut verworwe kwalifikasie kan Daniels vanaf klub- tot internasionale vlak gevra word om tugsake te hanteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie