Tsogo Sun Hotels skop sterk af op JSE
Tsogo Sun Hotels skop sterk af op JSE

Tsogo Sun Hotels skop sterk af op JSE

Bloomberg – Die sterk portefeulje hotelle van Tsogo Sun Hotels het baie kopers Woensdag met sy debuut op die JSE gelok.

Twee Tsogo Sun-maatskappye is nou op die JSE genoteer nadat die groep sy hotel- en dobbelbedrywighede ontknoop het.

Tsogo Sun Hotels se aandeelprys het Woensdag op R2,70 geopen en die dag op R4 afgesluit, wat die maatskappy se markwaarde op R4,2 miljard plaas.

Die aandeelprys het Donderdagoggend verder met 12,5% oftewel 50c tot R4,50 gestyg.

Die groep se dobbelbedrywighede word nou in Tsogo Sun Holdings gehuisves.

“Baie aandele word tans as ondergewaardeer op die JSE beskou en bestuurspanne probeer maniere vind om die aandeelpryse te lig,” sê Nolwandle Mthombeni, ’n ontleder by Mergence Investment Managers in Kaapstad, oor die ontknoping.

“Die ontknoping laat beleggers toe om óf in casino’s óf in hotelle te belê.”

Die nuutgenoteerde maatskappy het 110 hotelle, met altesame 19 000 kamers.

– Bloomberg, bygewerk/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2026-08-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer