Trump wil Pepfar inkort
Amerika se pres. Donald Trump se plan om buitelandse hulp ter ondersteuning van MIV/vigs-behandeling te verminder, kan volgens ‘n studie wat Maandag bekend gemaak is, die lewe van 9 miljoen mense net in Suid-Afrika en die Ivoorkus kos.
Namibië baat regstreeks ingevolge die Amerikaanse President se Noodplan vir MIV/vigs-verligting (Pepfar). Namibië was een van twee lande wat oudpres. George W. Bush vroeër vanjaar besoek het om die kollig op die welslae van Pepfar te laat val. Pepfar is gedurende sy termyn as president aanvaar.
In die eerste studie oor die impak van voorgestelde besnoeiings in die globale belegging in MIV-sorg, het wetenskaplikes bevind dat hemelhoë sterftes in Afrika by verre die besparings sal oortref.
Suid-Afrika het die hoogste voorkoms van MIV wêreldwyd, met 19 persent van die volwasse bevolking wat volgens UNAids in 2015 die virus gehad het, en altesaam 7 miljoen geïnfekteerde mense.
Trump se voorgestelde begroting vir 2018 wat in Mei bekend gemaak is, maak voorsiening vir US$5 miljard vir Pepfar teenoor die US$6 miljard vanjaar. Pepfar is die hoeksteen van Amerikaanse globale gesondheidsbystand, wat MIV/vigs-behandeling, toetse en berading vir miljoene mense wêreldwyd moontlik maak. - Nampa/Reuters/eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie