Trump ‘wil nie wapenverkope staak’
Die Amerikaanse president is onder druk om Saoedi-Arabië te straf indien gevind word dié land is skuldig aan ’n vermiste joernalis se dood.
Pres. Donald Trump van die VSA sê dié land sal “homself straf” indien verkope van militêre toerusting aan Saoedi-Arabië gestaak word.
Daar is druk op Trump uit sommige oorde om tot dié stap oor te gaan indien daar gevind sou word dat die vermiste joernalis Jamal Khashoggi in die konsulaat van Saoedi-Arabië in Turkye doodgemaak is.
Khashoggi, wat uitgesproke was in sy kritiek van die Saoedi-Arabiese regering, het op 2 Oktober verdwyn nadat hy dié konsulaat besoek het.
Die Turkse regering glo hy is doelbewus vermoor.
Trump, wat as president nouer bande met Saoedi-Arabië gevorm het, is onder internasionale en plaaslike druk om te help bepaal wat met Khashoggi gebeur het en om Saoedi-Arabië te straf indien daar gevind sou word dat hy wel deur dié land se regering doodgemaak is.
Daar is ook onder meer druk vanuit die VSA dat die regering militêre verkope aan Saoedi-Arabië moet staak indien dit die geval is. Trump stem nie hiermee saam nie.
“Ek dink eintlik ons sal onsself straf as ons dit doen,” het Trump Saterdag aan verslaggewers by die Withuis gesê.
“Daar is ander dinge wat ons kan doen wat baie, baie kragdadig is, baie sterk, en ons sal dit doen,” het Trump gesê. Hy het nie hieroor uitgewei nie. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie