Trump stel ultimatum oor sanksies teen Iran
Die ultimatum plaas hernude druk op Europeërs om Trump tevrede te stel en die verdrag met 'n bykomende ooreenkoms te versterk.
Pres. Donald Trump van Amerika het sy Europese bondgenote 'n finale waarskuwing gegee dat as hulle nie saam met hom werk aan “die katastrofiese foute” in die Iranse kernkragooreenkoms nie, gaan Amerika onttrek.
Sanksies teen Iran sal gelig word as deel van die internasionale ooreenkoms, mits daar aan sy voorwaardes voldoen word, het Trump gesê.
DRUK
Die ultimatum plaas hernude druk op Europeërs – veral dié wat die 2015-ooreenkoms ondersteun om kernaktiwiteite in Iran te probeer demp – om Trump tevrede te stel en die verdrag binne 120 dae met 'n bykomende ooreenkoms te versterk.
Trump het in 'n verklaring gesê ten spyte daarvan dat hy geneig is om Amerika aan die ooreenkoms te onttrek, het hy dit nog nie gedoen nie. “In plaas daarvan het ek twee moontlike paaie voorgestel: Maak die foute in die ooreenkoms reg, of Amerika sal onttrek.”
Die Iranse minister van buitelandse sake, Mohammad Javad Zarif, het op Twitter gesê die ooreenkoms is nie onderhandelbaar nie en dat Trump se houding neerkom op “desperate pogings om die sterk multilaterale ooreenkoms te ondermyn”.
Die EU het in 'n verklaring gesê hulle neem kennis van Trump se besluit en sal die implikasies daarvan oorweeg. Maar 'n Europese diplomaat het aan Reuters gesê dit sal uiters moeilik wees om die ooreenkoms ná dese te red. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie