Trump stel tariewe in op $200 mjd. se Chinese goedere
Pres. Donald Trump het Maandag gesê daar sal ’n invoertarief van 10% op Chinese goedere ter waarde van $200 miljard gehef word.
Trump het ook gewaarsku dat sou China besluit om uit weerwraak stappe teen Amerikaanse boere en nywerhede te doen, hy tariewe op ’n verdere $267 miljard se Chinese invoergoedere sal hef.
Liu He, adjunkpremier van China en pres. Xi Jinping se ekonomiese raadgewer, gaan Dinsdag in Beijing ’n vergadering byeenroep om die nuutste verwikkelinge te bespreek.
Fang Xinghai, adjunkvoorsitter van China se regulerende kommissie vir effekte, sê China sal nie deur Trump se handelstaktiek onder druk geplaas word nie.
Hy verwag dat die invloed van die tariewe op China se bruto binnelandse produk sowat 0,7% sal wees. Hy sê hy is vol vertroue dat die verhouding tussen die twee lande weer kan normaliseer en dat hulle op gelyke voet kan onderhandel.
China het voorheen gewaarsku hy sal weerwraak neem sou dié tariewe ingestel word deur tariewe op $60 miljard se Amerikaanse goedere in te stel.
Die tariewe van 10% sal vanaf 24 September van toepassing wees. Daarna sal dit op 1 Januarie 2019 tot 25% styg.
“Ons het China maande lank kans gegee om hierdie onregverdige optrede te verander en om Amerikaanse maatskappye regverdig te behandel,” sê Trump.
“Ons was baie duidelik oor watter veranderinge gemaak moet word. Ons het China elke kans gegee om ons meer regverdig te behandel.
“Tot dusver was China egter nie bereid om die veranderinge te maak nie.” – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie