Trump spu vuur oor massa mense op pad na VSA
Trump spu vuur oor massa mense op pad na VSA

Trump spu vuur oor massa mense op pad na VSA

Pres. Donald Trump van Amerika het Maandag gedreig om miljoene dollar se hulpverlening aan drie lande in Sentraal-Amerika te staak.

’n Mensemassa van derduisende mense is tans besig om deur Mexiko na die Amerikaanse grens te beweeg. Trump het die mensemassa as ’n nasionale noodtoestand beskryf.

“Guatemala, Honduras en El Salvador het nie hul werk gedoen om die mense te verhoed om hul lande te verlaat en onwettig na Amerika te kom nie. Ons gaan nou begin om die massiewe buitelandse hulp wat ons aan hulle verleen, af te sny of drasties te verminder.”

Trump en sy mede-Republikeine probeer om die mensekaravaan deel van die middeltermyn-verkiesing te maak. Hy het op Twitter kiesers herinner aan die komende verkiesings en die Demokrate se beleid oor immigrante aangeval.

Hy het egter nie bekend gemaak wat die nasionale noodtoestand bepaal nie.

Trump het ook gekla dat die Mexikaanse polisie en weermag nie die bykans 7 000 mense kan keer nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer