Trump se reisverbod onder vergrootglas
Die saak sal waarskynlik na die Amerikaanse hooggeregshof geskuif word.
Pres. Donald Trump se besluit om tydelik mense van sewe Moslemlande toegang tot Amerika te weier, was gister onder die vergrootglas geplaas.
’n Federale appèlhof het bevraagteken of dié verbod mense onregverdig teiken op grond van hul godsdiens.
Tydens ’n mondelinge argument wat meer as ’n uur geduur het, het ’n paneel van drie regters van die rondgaande hof vir appèl ’n staatsprokureur ondervra om vas te stel of daar bewyse van gevaar is van mense uit dié sewe lande.
Regter Richard Clifton, wat deur oudpres. George W. Bush aangestel is, het ook moeilike vrae gestel aan ’n prokureur wat Minnesota en Washington verteenwoordig. Dié twee deelstate het die verbod teengestaan.
Die hof het aan die einde van die sessie gesê dit sal so gou as moontlik ’n beslissing maak. Die saak sal waarskynlik na die Amerikaanse hooggeregshof geskuif word.
Trump se verbod, wat op 27 Januarie uitgereik is, keer dat reisigers van Iran, Irak, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen vir 90 dae na Amerika kan reis. Dít geld ook vir 120 dae vir vlugtelinge, terwyl vlugtelinge wat van Sirië afkomstig is vir ’n onbepaalde tyd verban is.
Die bevel het protesoptogte en chaos by Amerikaanse en oorsese lughawens veroorsaak. ’n Federale regter in Seattle het verlede Vrydag die verbod opgeskort, waarna baie reisigers vinnig hul reise na Amerika beplan het.
August Flentje, wat die Trump-administrasie verteenwoordig het, het aan die paneel gesê die “kongres het die president die mag gegee om toegang van buitelanders” vir nasionale sekuriteitsredes te keer.
Toe die paneel Flentje egter gevra het oor bewyse wat die sewe lande verbind met terrorisme in die Verenigde State, het hy gesê “sake beweeg vinnig”, sonder om voorbeelde te verskaf.
Trump het gereeld tydens sy verkiesingsveldtog in 2016 beloof om onwettige immigrasie, veral uit Mexiko, en Islamitiese geweld te verminder.
Veterane van nasionale sekuriteit, groot tegnologiemaatskappye en polisielede van meer as 12 deelstate het hul steun gegee om die verbod deur die regstelsel teen te staan. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie