Trump ontmoet Abbas
Trump ontmoet Abbas

Trump ontmoet Abbas

Wesoewer
Pres. Donald Trump van Amerika het gister Betlehem in die besette Wesoewer besoek en die Palestynse president, Mahmoud Abbas, ontmoet. Abbas het die onvoorspelbare Trump probeer oortuig om tot 'n onafhanklike Palestynse staat verbind te bly.
Maandag het Trump 'n hoogs simboliese besoek aan die Westelike Muur in Jerusalem saam met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, gebring.
Gistermiddag het hy na Jerusalem teruggekeer en die Yad Vashem-monument vir Joodse slagoffers van die Tweede Wêreldoorlog besoek. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-08-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer