Trump kap Fed oor rente, dollar
Trump kap Fed oor rente, dollar

Trump kap Fed oor rente, dollar

Die meeste ekonome sê weer dit is die Fed wat verantwoordelik is vir die ekonomiese herstel wat reeds in 2010 begin het.
Pres. Donald Trump van Amerika het Donderdag op nasionale televisie in dié land die Federale Reserweraad (Fed) oor sy rentekoersbeleid gekritiseer.

Trump sê hy is bekommerd oor die moontlike invloed van hoër rentekoerse en ’n sterk dollar op die Amerikaanse ekonomie.

“Ek is nie opgewonde nie,” het hy in ’n onderhoud met CNBC besê.

“Ons gaan op, en elke keer as ons opgaan dan wil hulle rentekoerse verhoog . . . Ek is nie gelukkig daaroor nie.

“Maar ek laat hulle toe om te doen wat hulle glo reg is.”

Trump sê hy is bekommerd daaroor dat die “Chinese geldeenheid soos ’n klip val” en dat die sterk dollar “ons benadeel”.

Opbrengste op Amerikaanse staatseffekte het die dag laer gesluit en die dollar het verswak na Trump se kommentaar.

Die Fed het in Desember 2015 begin om rentekoerse te verhoog nadat dit vir ses jaar op rekordlae vlakke was.

Dit was uit reaksie op die finansiële krisis van 2008.

Die Fed het al vyf keer die rentekoers verhoog sedert Trump in Januarie 2017 sy ampstermyn begin het.

Jerome Powell, voorsitter van die Fed, het verlede week wéér gesê hulle voorsien rentekoerse in die VSA gaan aanhou styg noudat werkloosheid die laagste is sedert die 1960’s. Inflasie in die VSA in Junie was 2,9%.

Die Amerikaanse ekonomie wat teen sowat 2% in die eerste kwartaal van die jaar gegroei het, en rentekoerse wat verhoog is terwyl die Europese Sentrale Bank en die Bank van Japan weer koerse onveranderd gelaat het, het die dollar gehelp om in Julie tot die hoogste vlakke die afgelope jaar te styg.

Kommentaar

Dit is nie die eerste keer wat Trump die langdurige tradisie dat Amerikaanse presidente die Fed se onafhanklikheid respekteer en nie kommentaar oor rentekoerse of die dollar lewer, breek nie.

Die Withuis het later in ’n verklaring gesê Trump respekteer die Fed se onafhanklikheid en hy meng nie in by beleidsbesluite nie.

Trump het Powell as voorsitter vir die Fed genomineer nadat Janet Yellen in Februarie afgetree het.

Trump het Powell in die onderhoud met CNBC as ’n “baie goeie man” beskryf.

Trump sê sy beleid, veral die kongres se besluit om in Desember belasting te snoei, het werk geskep en die ekonomie laat groei.

Beleid

Die meeste ekonome sê weer dit is die Fed wat verantwoordelik is vir die ekonomiese herstel wat reeds in 2010 begin het.

“Sy kommentaar maak nie baie sin vir my nie,” sê Mike Lorizio, hoof van tesourieverhandeling by Manulife Batebestuur in Boston.

“Die ekonomie is vir ’n geruime tyd die sterkste wat hy in ’n lang tyd was.

Die meeste ekonome glo die Fed se huidige beleid om rentekoerse te verhoog is goeie monetêre beleid aangesien inflasie teen 2,9% styg en werkloosheid 4% in Junie was.

“Dit is die sterk ekonomie wat die dollar ondersteun,” sê Michael O’Rourke, hoof markontleder by Jones Trading in Greenwich, Connecticut.

“Ons kyk na 4% ekonomiese groei in die tweede kwartaal en rekordlae werkloosheid terwyl inflasie bo die teiken is.

“Al hierdie elemente dui daarop dat die Fed gaan aanhou om rentekoerse te verhoog en dat die ekonomie betreklik sterk is ongeag alles wat aangaan. Dit sluit kommer oor handelsoorloë en die vrees in Europa oor Brexit sonder enige duidelike plan in.

“Ek is verbaas die dollar is nie sterker nie,” sê hy.

Ekonome sê die grootste risiko vir Amerika se ekonomiese groei is Trump se eie beleid, veral sy besluit om invoertariewe op China en Europa en selfs sy vennote soos Mexiko en Kanada te hef.

Amerikaanse maatskappye kan dalk nie so goed internasionaal meeding nie omdat invoertariewe hul insetkoste verhoog. Dit dwing hulle om óf hul pryse te verhoog óf hul marges te verlaag.

Min ontleders glo Trump se kommentaar sal enige invloed op die Fed se beleid hê.

“Ek dink nie dit is enige aanduiding dat die administrasie die Fed se mag wil beperk nie,” sê Thomas Simons, geldmarkontleder by die beleggingsbank Jefferies in New York. – Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%