Trump: Kan wen sonder ‘dislojale’ partylede
Meerderheid Republikeine wil hom steeds as kandidaat hê
Die Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, het aangedui hy gaan voortaan sy verkiesingsveldtog voer presies soos hy wil, noudat die party se establishment grootliks sy rug op hom gedraai het.
Trump het ’n aanval op Twitter van stapel gestuur en die Republikeine wat hul rug op hom gedraai het, veroordeel.
“Dit is so lekker noudat die boeie van my afgehaal is en ek kan veg vir Amerika op die manier wat ek wil,” het Trump op Twitter gesê.
Hy sê hy gaan Hillary Clinton, die Demokrate se presidentskandidaat, op sy eie voorwaardes aanpak.
Hy het die “dislojale” Republikeine as nog moeiliker as Clinton beskryf.
“Hulle val jou van alle kante af aan. Hulle weet nie hoe om te wen nie – ek sal hulle leer!”
’n Hele paar Republikeinse amptenare het hulle van Trump gedistansieer nadat dieWashington Post ’n video-opname gepubliseer het waarin Trump kru spog oor hoe hy vroue betas.
Ten spyte van sommige van die hoëlui in die party se gevoel oor Trump, het ’n Reuters/Ipsos-peiling wat Dinsdag bekend gemaak is, bevind dat 58% van die Republikeine wil hê Trump moet hul kandidaat bly. Daar is ook bevind dat 68% van die Republikeinse leierskap by hom sal staan.
Die peiling is gedoen nadat die tweede debat tussen Trump en Clinton Sondag plaasgevind het.
Ryan, die top-Republikein in die kongres, het Maandag aan die party se wetmakers gesê hy sal glad nie meer vir Trump stemme werf nie.
Dit het Trump-ondersteuners woedend gemaak.
Trump het Ryan toe as ’n “baie swak en ondoeltreffende leier” beskryf.
Hy het later op Fox News aan Bill O’Reilly gesê hy kort of soek nie Ryan se ondersteuning nie.
Hy het ook houe na John McCain, senator van Arizona, gemik wat Saterdag gesê het hy gaan nie vir Trump stem nie.
Baie Republikeine is bekommerd daaroor dat Trump se veldtog hul kans kan knou om die meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat te behou.
Pres. Barack Obama het Woensdag oor Trump se uitsprake oor vroue gesê dit sal Trump selfs diskwalifiseer as hy aansoek sou doen om by ’n kettingwinkel te werk.
Obama het die Republikeine wat Trump se uitsprake veroordeel, maar hom steeds steun, gekritiseer en gesê dit maak nie vir hom sin nie. -Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie