Trump: China, Rusland is 'vyandig' teenoor Amerika
Trump: China, Rusland is 'vyandig' teenoor Amerika

Trump: China, Rusland is 'vyandig' teenoor Amerika

Die nuwe veiligheidstrategie weerspieël Amerikaanse diplomate se siening.
Pres. Donald Trump het Maandag 'n nuwe veiligheidstrategie bekend gemaak waarin hy sê beperkings op die Amerikaanse verdedigingsbegroting is iets van die verlede.

“Ongeëwenaarde mag is die besliste manier van verdediging, en om dié rede doen ons weg met die skadelike beperkings.” In 'n wydlopende toespraak het Trump gesê sy veiligheid­strategie is die eerste wat ekonomiese sekuriteit pak en sluit in die algehele herbou van Amerikaanse infrastruktuur, asook 'n muur langs die suidelike Amerikaanse grens.

Hy het 'n beroep op Pakistan gedoen om beslissend teen terrorisme op te tree. Hy sê Amerika moet die uitdaging aanpak rakende Noord-Korea se wapenprogram.

Trump het Rusland Maandag in sy nuwe nasionale veiligheidstrategie as 'n antagonis op die wêreldverhoog uitgesonder. Sy beleidsdokument bied 'n nugter ontleding van Rusland as mededinger, ondanks Trump se eie pogings vir hegter betrekking met pres. Wladimir Poetin.

Trump se veiligheidstrategie weerspieël 'n siening wat lank deur Amerikaanse diplomate gehou is, dat Rusland aktief Amerikaanse belange tuis en in die buiteland ondermyn. Die Amerikaanse kongres vereis dat elke Amerikaanse administrasie sy nasionale veiligheidstrategie uiteensit. Die nuwe Trump-strategie word sterk beïnvloed deur die idees van die beste nasionale veiligheidsamptenare eerder as dié van die president self, het 'n amptenaar betrokke by die voorbereiding van die dokument gesê.

Volgens uittreksels wat deur die Withuis beskikbaar gestel is, weerspieël Trump se strategie sy beleid van “Amerika Eerste”. Die prioriteite is om Amerika se tuisland en grense te beskerm, die weermag te herbou, mag in die buiteland te projekteer en 'n handelsbeleid te bevorder wat ­gunstiger is vir Amerika.

Trump se strategiedokument sonder China en Rusland uit as mededingers wat Amerika se mag wil uitdaag en die land se veiligheid en voorspoed wegkalwe.

“Hulle is vasbeslote om ekonomieë minder vry en minder regverdig te maak, om hul weermag groter te maak en om inligting en data te beheer om hul samelewings te onderdruk en hul invloed uit te brei,” aldus uittreksels van Trump se strategie wat deur die Withuis uitgereik is.

Die uitsondering van China en Rusland as “revisionistiese magte” weerspieël die omsigtigheid van die Trump-administrasie, ten spyte van Trump se eie pogings om beter betrekkinge met Poetin en pres. Xi Jinping van China op te bou. 'n Senior regeringsamptenaar het op 'n inligtingsvergadering aan verslaggewers gesê Rusland en China probeer om die wêreldwye status quo te hersien; Rusland in Europa - met sy militêre aanvalle in die Oekraïne en Georgië, en China in Asië deur sy aggressie in die Suid-Chinese see.

Ingevolge Trump se veiligheid­strategie sal kritieke ­Amerikaanse infrastruktuur teen kuberkrakers beskerm word en kwaadwillige kuberkrakers streng vervolg word. China en Rusland word dikwels van kuber­aanvalle teen ­Amerikaanse teikens be­skuldig, bewerings wat hulle ontken.

Trump het saam met Xi gewerk om druk op Noord-Korea uit te oefen oor sy kern- en ballistiese missielprogramme, maar het weinig vordering gemaak met sy onderneming om gunstiger handelsooreenkomste vir Amerika te beding om sy handelstekort te verminder. Dit het in 2016 sowat US$347 miljard beloop.

Die Trump-regering waarsku ook dat diefstal van intellektuele eiendom deur China 'n nasionale veiligheidsprobleem is.

Die komitee oor buitelandse belegging wat die aankoop van Amerikaanse bates deur buitelandse maat­skappye nagaan, het onlangs sterk standpunt ingeneem teen tegnologie-oordrag aan Chinese maatskappye.

Klimaatsverandering is weggelaat uit Trump se strategie. Sy voorganger, Barack Obama, het klimaatsverandering as 'n veiligheidsbedreiging vir Amerika bestempel.

Trump wil Amerika van die Paryse klimaatooreenkoms onttrek tensy daar veranderinge aangebring word.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 975.40/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 83.73/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 975.40/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 83.73/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0029