Troukoors: Watter neigings is in?
Daar is ’n paar goed by troues wat altyd dieselfde bly: Die bruid lyk asemrowend, daar sal musiek, kos en trane van blykskap wees, en almal gaan huis toe met die gevoel dat alles in die wêreld reg is.
Deesdae hou baie paartjies daarvan om hul eie afdruk op hul groot dag te maak en van die neigings wat deesdae kop uitsteek, is niks minder as fantasties nie! Met Pinterest en Instagram wat honderde idees opdis, is daar bykans geen perke aan wat paartjies kan doen om hul groot dag selfs meer spesiaal te maak nie.
Die volgende neigings is vanjaar veral in die kol:
Algemeen
• Crash diet voor ’n troue is genadiglik uit – iets waaroor meeste paartjies waarskynlik oorstelp is, want wie wil hoor van ’n bruid wat sterf van die honger net om in ’n trourok te pas? Meisie, jou aanstaande is mal oor jou nes jy is! Vandag se bruide vier hul kurwes.
• Ons was al almal by troues waar die bruidspaar verlore raak tussen al die gaste. Vandag se paartjies stel al hoe minder in groot troues belang en nooi eerder minder gaste, met net hul naastes wat genooi word. Dit is nou as hulle nie besluit om eerder elders in die wêreld te gaan trou nie.
• So gepraat van wegkom, intieme destination weddings is perfek vir paartjies wat nie van te veel aandag hou nie. Dié soort troues is in baie gevalle ook veel ligter op jou sak in vergelyking met ’n gewone troue.
• In terme van blomme is wild en oorvloedig hierdie jaar in die kol – dit moet lyk asof dit sopas uit ’n tuin gekom het. Droë rangskikkings raak ook meer gewild, met gedroogte blomme, grasse en sade wat by rangskikkings ingesluit word.
• Wanneer dit kom by die koek, wissel die keuse deesdae van pannekoek-“koeke” tot olieboltorings. Hoewel onkonvensionele troukoeke al ’n geruime tyd gewild is, duur dié neiging vanjaar voort.
Uitrustings
• Elkeen van ons het ’n gunstelingdenim of -leerbaadjie wat by alles pas. As jy só mal is daaroor, hoekom dit dan ook nie voor die kansel dra nie? Een van die jongste neigings is om troudrag met straatdrag te meng. Dink byvoorbeeld aan gemaklike tekkies – veral wit – met persoonlike detail soos blinkertjies – wat bygevoeg word.
• Maak soos Priyanka Chopra en laat spesiale datums en frases op jou trourok aanbring. Ná haar troue met Nick Jonas het internetsoektogte na Ralph Lauren-trourokke in die 24 uur ná hul ja-woorde aan mekaar met 906% gestyg.
• Rokke met sakke het die afgelope paar jaar al gewilder geword, so ook helderkleurige rokke – ook skelpienk! Hierdie neiging is blykbaar te danke aan die Killing Eve-geïnspireerde Molly Goddard-rokke.
• Al hoe meer paartjies wil “groen” wees, met internetsoektogte na tweedehandse trourokke wat in Engeland met meer as 93% toegeneem het, terwyl 42% van alle soektogte woorde soos vintage en secondhand insluit.
• Vanjaar ruil baie bruide en gaste tradisionele rokke vir pakke – in wit natuurlik. Dié neiging, geïnspireer deur Glenn Close en Priyanka Chopra, is vanjaar 43% hoër as in die afgelope drie maande.
• Wanneer dit kom by die sluier, is kleurvol en veelsydig baie in. Volgens soektogte op Pinterest is 30% van troues vir multikulturele paartjies, menende hulle wil byvoorbeeld ’n hijab ensovoorts insluit. Hoewel baie bruide meen ’n tiara mag oorbodig wees, is kopbande weer baie gewild te danke aan Rachel Weisz, wat ’n vintage kopband na die Oscars gedra het.
Juwele
• Pêrels is altyd gewild – maar nie as halssnoer nie, vanjaar moet dit eerder oorbelle wees.
• Verlowingsringe is deesdae nie net vir die skoner geslag nie, met al hoe meer mans wat hul status as verloofde met ’n ring vertoon. Dié neiging word aan Ed Sheeran se verlowing verlede jaar toegeskryf.
Sosiale media
Dit is waarskynlik geen verrassing nie, maar al hoe meer paartjies wil seker maak hul groot dag is Instagram-waardig. Volgens die navorsingsagentskap Lyst is daar meer soektogte na troudag-spesifieke uitrustings as vir Kerspartytjies en trou-hutsmerke (#wedding) kry gemiddeld 10 keer meer belangstelling as vakansie-hutsmerke (#holiday).
Troue & onthaal
• Ratan-meubels is hierdie seisoen die inding omdat dié meubels “tekstuur” aan onthale verleen, aldus WeddingWire se kreatiewe regisseur, Jeffra Trumpower.
• Wanneer dit by beligting kom, kan hangligte met plante gekombineer word om ’n elegante effek te skep. Of jy landelike Edison-gloeilampe saam met jou blomme vertoon of diskoballe en gras kombineer, sal jy volgens Trumpower nie ’n fout maak nie.
• Vintage bybehore is beslis hierdie jaar in. Onder meer is stokou tikmasjiene, handspieëls, ensovoorts unieke tafelversierings.
• Hierdie jaar is dit beslis in om in die veld te trou, hoewel groot, kleurvolle blomme daarmee moet gepaard gaan, sê Trumpower. Dié blomme kan in ruikers, tafelversierings, dekor en meer geïnkorporeer word. Bronne: Thisisinsider.com; www.independent.co.uk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie