Trots floreer haar tuin op 'n rots
Uit haar eie tuin op Lüderitz oes sy tamaties, spinasie, wortels, soetpatats, brandrissies en selfs waatlemoen en pampoen.
Tanja Bause
“Ek kan my lewe nie sonder 'n tuin voorstel nie en het dus besluit om my tuin op 'n rots te begin,” sê me. Penny Shatilwe van Lüderitz.
Penny het 'n stuk grond in die Amilema- informele nedersetting op Lüderitz van die dorpsraad gekry waarop sy haar huis kon bou.
“Ek was geskok toe ek sien die stuk grond bestaan uit een groot rots. Ek het my huis bo op die rots gebou en planne begin maak om met 'n tuin langs my huis te begin.”
Penny en haar kinders het begin om twee verskillende soorte sand met 'n emmer na haar huis te dra.
“Ons het die vrugbare sand van doer onder hiernatoe aangedra en dit met die sand van die berg gemeng en met die tuin begin.”
Sy en haar kinders gaan loop nog gereeld in die berge agter hulle huis en versamel springbokmis.
Penny het vyf jaar gelede haar tuin begin maak. Vandag oes sy brandrissies, tamaties, spinasie, wortels, soetpatats en selfs waatlemoen en pampoen.
“Verlede jaar het ek vir die eerste keer pampoen geplant en geoes. Hulle het verskriklik lekker geproe.”
Sy het oor die jare vyf ou bande bymekaargemaak waarin sy onder meer haar soetpatats plant. “Die bande help my om water te bespaar. Die water moet ook aangedra word.”
Sy het van haar geld gespaar en skadunet gekoop sodat sy haar plante teen die son en veral die wind kan beskerm. “Jy kan enigiets hier op Lüderitz laat groei; jy moet dit net teen die wind beskerm.”
“Wanneer die stres vir my te veel raak, gaan ek na my tuin en ploeter so bietjie daar rond. Wanneer ek daar klaar is, het ek nie meer stres nie.”
Penny help ook mense wat daarin belang stel om met 'n tuin by hulle huise te begin.
GOOGLE AS JY VASHAAK
Sy sê sy het nog altyd van tuinmaak gehou en as kind op Oshakati brandrissies in blikke geplant.
“My ma het gesê ek moet hulle in die tuin plant, wat ek toe gedoen het. Hulle het baie groot geword en ek het baie verkoop. My ma het vir my nuwe skoene van dié geld gekoop. Ek is nou nog baie lief vir tuinmaak en as ek 'n besige dag gehad het, gaan ek in my tuin en ontspan daar.”
Volgens Penny is sy 'n nuuskierige mens en as daar iets fout gaan met haar plante, dan wil sy weet wat die probleem is en hoe sy dit in die toekoms kan vermy.
“Ek google alles. As my tamaties bruin blare kry, dan google ek. Dus leer ek en kan ek my kinders leer van tuinmaak. Ek probeer hulle leer dit is nie nodig om alles in 'n winkel te koop nie. Jy kan baie van jou groente self plant wat jy daagliks verbruik.”
Penny is op Oshakati gebore. Sy het egter ná haar ouers se dood na haar tannie op Lüderitz verhuis om graad 10 en 11 te voltooi. Sy het haar skoolloopbaan op Keetmanshoop klaargemaak. Daarna het sy vir twee jaar by die staatskliniek op Rosh Pinah gewerk. Sy het toe terug na Lüderitz getrek en vir die volgende tien jaar op die dorp in die staatshospitaal met TB-verwante sake gewerk.
“Ek het in 2016 besluit die werk betaal my te min en ek het geen pensioen nie. Ek het gewonder wat sal ek eendag vir my kinders nalaat en het besluit om te bedank.
Penny het met 'n kindergarten begin, nie ver van haar huis af nie. Kinders kan soggens tot 12:00 die kindergarten bywoon en in die namiddae gee sy ekstra klasse in Engels, Afrikaans en wiskunde vir skoolgaande kinders.
“Die kinders wat ekstra klasse by my kry, vaar baie goed op skool en die woord het onder die gemeenskap versprei. Nou het ek baie kinders en die ouers, wat meestal in die visfabrieke werk, betaal my vir die ekstra klasse. Die kindergarten en ekstra klasse doen baie goed en dit is wat ek vir my kinders kan nalaat.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie