Tronk het 13 Covid-19-gevalle
Die gesondheidsminister het bevestig 'n 65-jarige man van Ongwediva is die land se 37ste Covid-verwante sterfte.
Henriette Lamprecht – Dertien Covid-19-gevalle by die Windhoek Sentrale Gevangenis vorm deel van die 72 nuwe gevalle vir die hoofstad. Buiten die 72 in Windhoek is agt op Walvisbaai, 18 op Swakopmund, 10 op Gobabis, drie op Okahandja, twee op Mariental en een elk op Grootfontein, Rehoboth, Keetmanshoop, Karasburg, Oshikuku, Oshakati en Lüderitz aangeteken.
Uit die 120 nuwe gevalle is 68 mans en 50 vroue. Die jongste is een jaar oud en die oudste 84.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê 'n 65-jarige man van Ongwediva met verskeie onderliggende mediese toestande is die land se 37ste Covid-19-verwante sterfte.
Volgens Shangula bespeur die ministerie sedert 12 Augustus 'n afname in gevalle in Erongo en veral Walvisbaai en wel van 79 tot die 26 gevalle vir gister.
Uit die tien gevalle op Gobabis is nege van dieselfde huishouding en kontakte van dieselfde bevestigde geval.
Onder gister se gevalle is twee gesondheidswerkers, onderskeidelik op Mariental en Keetmanshoop.
Uit die land se 2 020 aktiewe gevalle is 14 gevalle uiters siek en vier gevalle kritiek. Ses gevalle in Erongo en agt gevalle in Khomas is uiters siek, terwyl een geval in Erongo en drie in Khomas kritiek is.
Die aantal bevestigde gevalle staan tans op 4 464 en 2 407 gevalle het ten volle herstel.
Tot op hede is 42 945 weefselmonsters getoets, 4 647 kontakte word gemonitor en 1 597 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor die land.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie