Trein tref bakkie, man sterf
Augetto Graig - 'n Man het Donderdagaand op Okahandja gesterf ná die bakkie wat hy bestuur het, deur ? trein getref is.
Volgens ? ooggetuie wat kort ná die ongeluk ná 23:00 op die toneel was, was die voertuig ? ent deur die trein van die spoor af gestoot.
Die ongeluk het op die kruising, waar mens van die hoofpad oor die spoor die dorp inry, gebeur.
"Dit blyk die trein het die bakkie tussen die voor- en agterdeur op die regterkant getref," sê die ooggetuie.
Die bestuurder van die bakkie is deur ambulanspersoneel uit die bakkie gehaal en is na die hospitaal geneem, maar by aankoms is hy dood verklaar.
Die trein is nie ernstig beskadig nie.
TransNamib kon die voorval nie bevesitg nie, omdat hul uitvoerende hoof, waarnemende hoof en finansiële bestuurder almal met verlof is. Hulle dra glo geen kennis van die ongeluk nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie