Trein terug op spoor
Trein terug op spoor

Trein terug op spoor

Elvira Hattingh
‘n Trein op die Trans-Kalahari-spoor het Woensdag tussen Omitara en Steinhausen ontspoor en dwarsoor die pad tot stilstand gekom. Volgens ‘n ooggetuie was ‘n moontlike oorsaak dat ‘n klomp sand oor die spoor gewaai het.

Marina Lamprecht, wat in die omgewing boer, sê sy was vanaf haar plaas op pad lughawe toe, toe sy op die ontspoorde trein afkom op die plek waar die teerpad eindig en die grondpad begin. Die polisie het haar gehelp om met haar viertrekmotor rondom die trein te ry. Sy sê die Omitara-polisie was op die toneel terwyl daar op hulp uit Windhoek gewag is.

“Hulle het die situasie uitstekend hanteer. Ek het ook uitgeklim en vir die treindrywer gevra of hy beseer is. Hy het nie enige beserings opgedoen nie en die trein was – op die oog af – ook nie beskadig nie.” Foto Marina Lamprecht.

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer