Trein ry oor man se hand
’n Man van 25 wat op die spoorlyn by Usakos aan die slaap geraak het, het sy linkerhand verloor nadat ’n verbygaande trein daaroor gery het. Speurinspekteur Daniel Gurirab van die Namibiese polisie het die man as Seun Goseb identifiseer. Volgens Gurirab het Goseb vanoggend 02:30 op die treinspoor by die Festus-stasie geslaap toe die trein oor sy hand gery en dit afgesny het.
“Die slagoffer is deur die veiligheidswag gevind wat die gebou aan die oorkant van die stasie bewaak”. Goseb ontvang mediese sorg en is in ’n stabiele toestand. - Nampa
“Die slagoffer is deur die veiligheidswag gevind wat die gebou aan die oorkant van die stasie bewaak”. Goseb ontvang mediese sorg en is in ’n stabiele toestand. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie