Trein ry lorrie middeldeur

Tanja Bause
Sondag om 11:30 het die bestuurder van 'n vragmotor, wat aan Transworld Roadfreight behoort, glo nie by die spoorwegoorgang op Mariental gestop nie en met 'n trein gebots. Daar word beweer die bestuurder van die vragmotor, met 'n Suid-Afrikaanse registrasienommer, het nie vir die aankomende trein gestop nie. Die twee TransNamib-lokomotiewe het teen die vragmotor gebots en hom sowat 100 m ver gesleep. Die impak van die slag het die vragmotor in twee geskeur. Die 42-jarige Suid-Afrikaanse bestuurder en sy passasier is lig beseer. Die polisieondersoek duur voort. Foto Boetie Louw

Kommentaar

Republikein 2025-05-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer