Tree vir tree vir Dagbreek
Tree vir tree vir Dagbreek

Tree vir tree vir Dagbreek

Tanja Bause
Tanja Bause - Die Dagbreek Skool vir verstandelik gestremde kinders in Windhoek hou eerskomende Saterdag hul jaarlikse pretloop van vyf kilometer om geld vir die skool in te samel.

Almal, ook troeteldiere, is welkom om deel te neem.

Die geld sal ten bate van die leerlinge se onderrig aangewend word.

Fondse wat tydens verlede jaar se pretloop ingesamel is, is ook vir dié doel gebruik, asook vir skoolverlaters se skoolafskeid en die jaarlikse skoolkonsert.

Ná die pretloop sal ’n gelukstrekking plaasvind. Kaartjies hiervoor is teen N$20 by die skool beskikbaar, asook op die dag van die pretloop.

Vars groente uit die skool se tuin, wat onder meer spinasie, beet en blomkool insluit, sal ook tydens die pretloop te koop wees.

Vir verdere inligting, kontak me. Chriszell Louw by 081 309 4153 of me. Janne Janse van Vuuren by (061) 277-901.

Kommentaar

Republikein 2025-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer