Treë vir treë vir kindertyd se droom

462 km, 28 dae

20 July 2018 | Mense
Henriette Lamprecht – Sy het al met die soom van die Swakoprivier langs die rivier se kronkel gevolg tot waar dit in die Atlantiese Oseaan uitmond, en so kleintyd se droom verwesenlik in die 462 km wat sy afgelê het.

Me. Nikola Fahrbach, gebore op Tsumeb, het ook haar 49ste verjaarsdag op die staptog gevier.

Fahrbach se avontuur het by die Midgard Country Estate in die Khomasstreek by die oorsprong van die Swakoprivier begin en op Swakopmund geëindig.

Die Swakoprivier is 460 km lank en het ’n opvangsgebied van 30 100 vierkante kilometer. Die rivier het sy naam aan die Khoi-Khoi te danke, met Swakop (Tsoaxaub) wat ‘uitskeiding’ beteken en verwys na die hoeveelheid bruinerige slyk wat gesien kan word wanneer dit in die see loop.

Fahrbach se reis rivierlangs het haar aan die “asemrowende landskap” blootgestel wat die rivier se kronkel omring.

Ter voorbereiding van haar reis het sy die kleinste besonderhede in ag geneem en dit het Fahrbach ook ’n jaar geneem om haar beplanning te voltooi.

Sy moes eerstens seker maak sy het genoeg sekuriteit en water om die staptog suksesvol te voltooi. Fahrbach het beplan om net 15 tot 20 kilometer per dag oor ’n tydperk van ’n maand af te lê. Sy het plaaseienaars al langs die roete gekontak en van haar beplande staptog vertel en wat nie gehuiwer het om hul toestemming hiervoor te gee nie.

Op ’n Saterdagoggend, 28 April 2018, het haar stapreis begin.

“Ons het deur gebiede gestap met dik gras en bosse wat my hooikoors gegee het. Nog ’n uitdaging was die dik sand, maar ek het seker gemaak ek bly fokus op die einddoel en het aanhou stap,” vertel Fahrbach.

Wat betref wilde diere het sy net twee skadelose slange raakgeloop, terwyl ander diere soos kameelperde, bobbejane en koedoes haar “totaal geïgnoreer” het. Die kuns om suksesvol oor plaasdrade te klim, het sy ook gou bemeester.

“Elke dag het ’n hoogtepunt gehad. Die persoonlike ontmoetings met mense wat ek langs die pad teëgekom het, was spesiaal, bemoedigend en baie bevredigend.”

Met haar aankoms op Otjimbingwe in die Erongostreek, sowat 200 kilometer wes van Windhoek, het sy haar storie van durf en uithouvermoë om die reis aan te pak, met plaaslike inwoners gedeel.

’n Vrou het dit hier so mooi opgesom, sê Fahrbach.

“Die rede hoekom sy dit doen, is omdat haar hart vir haar gesê om dit te doen en sy het geluister.”

Die mees uitdagende deel van die staptog was die dag wat sy deur die Namibwoestyn begin stap het en dit skielik begin reën het. Al die toerusting wat sy by haar gehad het, was deurdrenk en haar klere het gevoel “soos ys wat aan my vel vasgestik is”.

Fahrbach het deurgaans drie liter water, neute, Provita-beskuitjies, geblikte mossels, soutvleis en ’n satelliettelefoon vir noodgevalle by haar gehad.

“Die res van my kamptoerusting het elke aand saam met verskeie avonturiers gekom wat my deur die hele staptog ondersteun het. Hulle het die staptog baie ernstig opgeneem en dit het my gemotiveer om aan te hou stap. Ek het veilig, nederig en beskermd gevoel. Ek is baie dankbaar vir hul ondersteuning en sal nooit die individue vergeet wat in my geglo en my droom ondersteun het nie.”

Fahrbach het 28 dae later uiteindelik Swakop bereik en hoewel sy uitgeput ná die lang afstand was, was sy verheug om ’n skare vriende en familie te sien wat haar op die strand met sjampanje ingewag het.

“Dit was ’n baie emosionele en gelukkige oomblik. Ek sal altyd my wonderlike ‘groot stap’ vir die res van my lewe onthou. Dankie aan elkeen wat my gehelp het om dit te bereik.”

Soortgelyk

 

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

9 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

9 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

9 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

9 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

9 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

9 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...

Vrou haal die byt uit veghond

9 ure gelede | Omgewing

Die naam Amerikaanse veghond (pit bull terrier) het al ‘n vloekwoord geword en boesem vrees by die meeste mense in. Geen ander honderas het in...