Transnet soek geld terug van maatskappy met Gupta-bande
Transnet het hom tot die hof gewend om R189 miljoen van sy voormalige direkteure en Regiments Capital – wat met die Guptas verbind word – terug te kry.
Transnet sê hy het té veel betaal toe hy lokomotiewe gekoop het.
Die maatskappy sê in beëdigde verklarings wat by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien is dat Siyabonga Gama, sy voormalige uitvoerende hoof, en Anoj Singh, wat voorheen finansiële hoof by Transnet en later by Eskom was, het ’n sentrale rol gespeel om die betalings wat nie geregverdig kan word nie, te verwerk.
Luidens die verklarings het Transnet op 11 Junie 2015 met die hulp van Singh R166 miljoen (BTW uitgesluit) aan Regiments betaal.
Dit was om valuta-ruiltransaksies en krediet-ruiltransaksies met JP Morgan te reël sodat hy 1 064 treine by China South Rail kon koop.
“Net R15 miljoen (BTW uitgesluit) moes betaal word,” lui die verklaring.
“Regiments is sonder enige rede met R151 miljoen verryk.”
Gama is eers geskors en toe afgedank nadat ’n verslag deur Werksmans Attorney’s, Mncedisi Ndlovu & Sedumedi Attorneys en Fundudzi Forensic Investigators oor die toekenning van die kontrak vir die verkryging van die lokomotiewe gepubliseer is.
Die verkryging sou aanvanklik R38,6 miljard gekos het. Die bedrag het later tot R54,5 miljard gestyg.
Maatskappye wat met die Guptas verbind kan word het glo voordeel hieruit getrek.
Gama was ten tye van die verkryging hoof van Transnet Freight Rail.
Luidens die verklaring het Singh en Garry Pita, wat voorheen verantwoordelik was vir Transnet se verskaffingsketting, aanbeveel dat Gama die betaling van R189 miljoen aan Regiments goedkeur.
Dit was vir die “verskaffing van raadgewende dienste”.
Transnet wil nou ’n hofbevel bekom dat Regiments die R189 miljoen terugbetaal. Dit sluit die BTW in wat betaalbaar was op dié bedrag.
Die direksie van Transnet het eers in September 2018 bewus geword daarvan dat hulle té veel betaal het vir die diens.
REGIMENTS CAPITAL
Transnet is nie die enigste instansie wat Regiments Capital se bloed soek nie.
Die Johannesburg-metro het óók sy mes in vir hom.
Dit volg nadat Regiments, as die fondsbestuurder van die metro se delgingsfonds, ongesekureerde skuldbriewe wat deur die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel uitgereik is ter waarde van R290 miljoen vir die fonds gekoop het.
Dit blyk nou Denel het nie die geld wat hy aan die metroraad skuld, by sy middeltermynbegroting ingesluit nie.
Herman Mashaba, burgemeester, het op 7 November in ’n verklaring gesê dié skuld, wat “sonder die metro se kennisname en ondanks die finansiële risiko” aangegaan is, moes op 10 Desember terugbetaal word.
Dawie Roodt, hoofekonoom van The Efficient Group, het by navraag gesê hy sal Mashaba in dié stadium aanraai om ’n eis teen Denel in te stel en hom likwideer. “Hoekom het die ouditeur dit (die skuld) nie op die balansstate nie?” het Roodt verbaas gevra. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie