TransNamib-werkers wéér op die oorlogspad
Briesend oor geen bonusse
Maria Eiseb - 'n Op-die-nippertjie-kennisgewing dat daar vanjaar geen bonustjeks in TransNamib se Kerskous is nie, het ''n horde ontstoke werkers gister in protes voor die SOE se hoofkantoor in Windhoek laat saamtrek.
Werkers is gisteroggend glo sonder enige redes en twee dae vóór betaaldag, ingelig dat hulle geen bonusse ontvang nie. Kort daarna het werkers hul stem onder die “Grootboom” – sinoniem met arbeidsprotes by TransNamib – begin dik maak.
“Dit is ''n belediging om twee dae voor salarisse inbetaal word, so iets te hoor. Dit is onaanvaarbaar,” het mnr. Eben Pohamba, ''n aankoper in die elektriese afdeling van TransNamib, gesê.
Mnr. John Kwedhi, hoofsekretaris van die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Nafau), het by die skare aangesluit. Hy het beklemtoon dat hy in sy persoonlike hoedanigheid daar is en nie namens die vakbond praat nie.
Die werkers het daarop aangedring dat bestuur die besluit met geldige redes aan hulle kom verduidelik. Hul eise het op dowe ore geval.
Daarna het die werkers gesê TransNamib het 24 uur om met ''n verduideliking vorendag te kom of die gort is gaar. “Die treine sal staan, ons gaan nie terug werk toe nie,” is hul dreigement.
“Die een wat die staking veroorsaak het, moet kom en aan die mense verduidelik. Ek kan nie vir die mense sê om terug werk toe te gaan nie,” het hy gesê.
Alle pogings gister deur Republikein om kommentaar van die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Hippie Tjivikua, of die woordvoerder van TransNamib, me. Ailly Hangula-Paulino, te kry, was onsuksesvol. Dus kon bevestiging nie op bewerings verkry word dat bonusse deel van werkers se kontrakte is nie.
Mnr. Simon Gariseb (59) werk reeds 18 jaar by TransNamib. “Dit is net die name wat verander, maar dinge bly net dieselfde,” het hy gesê. “Ons moet uit die bestuurders se salarisse bonusse gegee word,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie