TransNamib su00ea afskaling is vrywillig
TransNamib su00ea afskaling is vrywillig

TransNamib sê afskaling is vrywillig

Augetto Graig
Augetto Graig - TransNamib het die reaksie van die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) op gelekde inligting oor honderde komende aflegings verwerp en die vakbond se planne om tydens middagetes te betoog, as onverantwoordelik beskryf.
TransNamib se bestuur wil by die kabinet se goedgekeurde strategiese sakeplan van 2018 hou. Dit vereis dat werknemers van aftree-ouderdom wat nie kernpersoneel is nie, vrywillig bedank.
Ongeveer 340 werknemers word geraak, het TransNamib woordvoerder, me. Abigail Raubenheimer, vanoggend gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer