TransNamib, RCC kry nuwe raadslede
Paul Smit voorsitter van TransNamib se direksie
Tammy Kleinhans
Nuwe raadslede vir twee groot semi-staatsinstellings wat gereeld in die nuus is, is Woensdag deur die minister van inligting en kommunikasietegnologie aangekondig.
Die minister, mnr. Tjekero Tweya, het dié aanstellings tydens die media-inligtingsessie oor die jongste kabinetsbesluite bekend gemaak. Tweya het die aanstellings van die TransNamib-direksie aangekondig soos dit deur die kabinet goedgekeur is. Die voorsitter is mnr. Paul Smit, voormalige adjunkminister van landbou, water en bosbou en die visevoorsitter is me. Elize Angula. Die res van die raad is mee. Jantjie Duan, Dantagos Naomi Jimmy-Melani en mnre. Michael Ochurub en Wiseman Molatzi.
Die kabinet het sy goedkeuring gegee vir die aanstelling van raadslede vir die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wat vanaf 1 November 2015 tot 1 November 2018 sal dien. Die voorsitter is mnr. Fritz Jacobs en die visevoorsitter is me. Anna B Matebele. Die lede is mnre. Elzevir W Geldenbloem, Melkizedek Uupindi en me. Elsie Skrywer.
Met Namibië se tekort aan dokters en verpleegsters, het die kabinet die hernuwing van ’n ooreenkoms tussen Namibië en Kuba se gesondheidsdienste goedgekeur.
Die minister het gesê die ooreenkoms wat oor twee jaar strek, is tussen Namibië se ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die ministerie van openbare gesondheid in Kuba onderteken. Tweya het gesê die ministerie van gesondheid het reeds met die implementering van die ooreenkoms begin.
Die kabinet het kennis geneem van die besprekings wat tussen die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, en die sentrum vir siektebeheer (CDC) in Amerika wat tydens sy besoek in September plaasgevind het. Die kabinet het die minister toestemming gegee om die samewerkingsooreenkoms af te handel om die vloei van geldbronne te fasiliteer om die MIV/vigs-pandemie in Namibië te beheer.
Tweya het gesê die kabinet het kennis geneem van ’n verslag dat Namibië tot die Telekommunikasie-unie in Afrika (ATU) toetree en die grondwet en konvensie bekragtig. Die minister het gesê die kabinet het goedkeuring vir Namibië se toetreding verleen.
Voorts het die minister gesê die kabinet het die aanstelling van generaal (afgetree) Evaristus Shikongo as programkoördineerder van vryheidsvegters goedgekeur en hy sal mnr. Phillemon Malima vervang. Shikongo sal die komitee oorneem en aan die finalisering van die lys van name van vryheidsvegters werk wat in ballingskap gesterf het.
Die kabinet het goedgekeur dat me. Aunie Gideon en mnr. Max Kooper vir drie jaar in die raad van die Lüderitz Waterfrontontwikkelingsmaatskappy dien.
Tweya het voorts gesê die kabinet het die nominering van ambassadeur Simon Maruta en mnr. Axel Tibinyane goedgekeur om van af 2015 tot 2017 op die raad van goewerneurs vir die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) te dien. Die kabinet het opdrag gegee dat die amptenare van die ministeries van gesondheid en maatskaplike dienste, myne en energie, asook internasionale betrekkinge en samewerking toegewys word om deel van die afvaardiging na Wene in Oostenryk te vorm om tegniese ondersteuning te lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie