TransNamib: Mutorwa lees leviete voor
Die bestuursraad is gevra om binne die raamwerk van sy pligte op te tree.
Catherine Sasman - Bykans ‘n maand vóór die TransNamib-raad se ampstermyn verstryk het, het die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, raadslede gelas om alle onderlinge geskille ter syde te stel en om gesamentlik - en waar toepaslik, individueel - op die maatskappy se belange te fokus.
Die raad het die afgelope vier maande nie vergader nie, weens skynbare konflik en die onwettige skorsing van mederaadslid, me. Dantagos Jimmy-Melani, in Oktober verlede jaar.
Mutorwa het beveel Jimmy-Melani moet voortaan alle raadsvergaderings bywoon en alle raadslede moet hulself by die reëls en regulasies van die raad bepaal.
Die raadslede het gevoel enigeen in hul geledere wat weier om by die gedragskode vir semistaatsinstellings te bly, moet amptelik van die raad bedank.
Die volgende datum vir ‘n raadsvergadering is op 24 en 25 September wanneer die raad, onder voorsitterskap van mnr. Paul Smit, TransNamib se strategiese plan moet goedkeur.
Smit het by ‘n vergadering met Mutorwa verlede week gesê hierdie strategiese plan moet nog deur die kabinet aanvaar word.
LOS UIT
Smit het voorheen onder kritiek deurgeloop oor sy beweerde onbehoorlike inmenging met TransNamib se daaglikse bestuur, wat die uitvoerende bestuur se werksaamhede skynbaar belemmer het.
By die vergadering met Mutorwa is onderneem dat die uitvoerende hoof, mnr. Johny Smith, en sy span die maatskappy se operasionale kwessies moet hanteer en, waar nodig, met die raad beraadslaag.
Smit is aangeraai om regsinstrumente te gebruik om verdagte korrupsie in die maatskappy aan te spreek.
Hy het glo op 14 September ‘n brief aan Mutorwa geskryf waarin hy sekere aktiwiteite in TransNamib, wat na bewering korrup is, aangemeld het.
Voorts het van die raadslede gesê hulle was nie betrokke by ‘n brief oor wangedrag wat op 17 September aan Smith gerig is nie.
Mutorwa het raadslede by die vergadering verlede week gevra om die brief te onderteken indien hulle die inhoud daarvan ondersteun.
Andersins is dit as duidelike viktimisering beskou.
Die raad is weer eens aangeraai om regstappe te doen sou enige gronde van wanbestuur teen Smith bestaan.
TJIVIKUA-SAAK
Die raad is ook op die vingers getik oor die manier waarop hy die aanklagte van beweerde korrupsie teen die voormalige waarnemende TransNamib-hoof, mnr. Hippy Tjivikua, hanteer het.
Die ministerie van finansies het nie die raad se aansoek om vrystelling van tenderprosedures in die aanstelling van die regsfirma Ellis&Partners in die Tjivikua-saak toegestaan nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie